Verified Reviews
Bloemfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bloemfontein
Rated 4.1 out of 5 based on 1453 reviews.
"Die oornagverblyfplekke is in 'n mooi omgewing, gerieflik naby die hoofweg geleë. Al die tuine is pragtig en goed versorg. Die mense is besonder vriendelik en behulpsaam. Boonop is Bloemfontein 'n gerieflike halfwegstasie vir ons wat van OL af kom!"
"We always stay in Bloemfontein on our way home from December holidays, and have always enjoyed our stay overs."
"Ver genoeg middelbestemming na 'n lang rit veral vir bejaardes van JHB, PE of Kaapstad. "
"Was teleurgesteld in die omgewing op pad na Nightingale. Al die tuine was toegegroei onder gras en onkruid. Paaie se middelmanne bebos. Duidelik dat munisipaliteit lankal nie meer die pragtige stad van Bloemfontein in stand hou nie."
"Bloemfontein het baie agteruitgegaan, met die basiese dienste wat nie toegepas en uitgevoer word nie."
"Die probleme met vuilgoed verwydering en riool, maak dat dit nie 'n goeie toeriste bestemming is nie."
"Bloemfontein was in ‘n toestand. Vuil strate, lang gras en swak munisipale dienste."
"Ongelukkig is Bloemfontein self nie meer heeltemal op standaard as wat dit in die verlede was nie. Dit was 5 jaar gelede nog 'n mooi stad toe ek en my man daar studeer het. Die paaie en algehele toestand van die stad het versleg, wat 'n jammerte!"
"Langenhoven Park lyk of daarvan vergeet is deur die munisipaliteit. Al die strate is oortrek met slaggate in so 'n mate dat jy maklik kan dink dit sal beter wees om die straat eerder stofstrate te maak. Met my besoek was daar ook hope vullis sakke opgehoop. Ek hoop van harte dit was verwyder die volgende dag."
"Bloemfontein is goed ingerig om enige besoeker besig en tevrede te hou met al die ontspanning wat aangebied word."
"Ons eerste besoek aan Bloemfontein en het ons tyd daar geniet. Voorwaar die Rosestad."
"Die uitsig en restaurant by Naval Hill was werklik iets om te beleef. Mooi opgemaak met liggies vir die kerstyd en pragtige sonsondergang. Heelwat historiese geboue en besienswaardighede in en om die stad."
"Ek is baie lief vir Bloem en ek was hartseer om te sien hoe dit agteruit gegaan het. Dit is wel nie Bloem en sy vriendelike mense se skuld nie."