Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3581 reviews.
"Franschhoek is asemrowend mooi en soveel wynplase om te besoek in die omgewing. Dit is wel 'n duur toeristebestemming."
"Nice, but very touristic and many noisy students. The surrounding areas however are beautiful."
"Mooi plek, winkeleienaar gerig op toerisme mark, dit maak dat plaaslike mense produkte op ander plekke koop."
"Heerlike omgewing van rustigheid weg van die gewoel van die groot plekke. Het werklik rus vir ons siel daar ontvang."
"Ai, die weer in die Strand is maar sleg en die wind waai gedurig. Aan die positiewe kant - dit is lekker naby aan Kaapstad (40 min) so mens kan maklik Kaap toe ry om besienswaardigehede te gaan besoek. Dit is ook baie naby aan Stellenbosch se wynplase as mens 'n wynproe of middagete op 'n wynplaas wil doen."
"Wonderlike positiewe ervaring. Sal beslis 'n besoek aan Stellenbosch aanbeveel."
"Ons het amper die winkels agter Paddagang gemis en het gedink die hoofstraat met Kafees was dít! Gelukkig het iemand ons verwys na die ander plekkies. Dalk kan dit duideliker aangedui word. "
"Ons het uitsluitlik gekom vir die perdeskou, wat ons nou elke jaar wil bywoon. Tog is daar so baie in en om Tulbagh om te doen dat ons voor volgende Oktober sal terug wees. "
"Rawsonville is 'n pragtige omgewing en absoluut ideaal vir 'n wegbreek naweek of selfs langer tydperk."
"Besoek die wynplase en maak verseker 'n draai by die Saronsberg Teater en Things I Love in die dorp."
"Ons het die Murludi Hiking Trail gaan doen. Ons het die volle 10 km gestap. Dit was baie meer uitdagend as wat ons gedink het dit gaan wees, maar definitief die moeite werd! Die uitsig was ongelooflik! Ons het ontbyt geëet by Things I love en ons het baie lekker geëet! Ons kan nie wag om weer Tulbagh toe te gaan nie."
"Was heerlik verras met al die winkeltjies en diens van restaurant tot PnP. Alles was pynlik netjies op die rakke. Troue by De Vlok was pragtig. Pragtige kerk!"