Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3500 reviews.
"Franschhoek is 'n pragtige dorp met vriendelike en hulpvaardige mense."
"Ons het verder as Rawsonville rondgery en was baie verras en beïndruk met die landbou (druiwe ens.) en plase in die omgewing. Om nie te vergeet van die wonderlike natuur van die magtige berge in hierdie omgewing nie."
"Riebeek-Kasteel is 'n pragtige en rustige bestemming wat onder 100 km vanaf Kaapstad is. Dit is vir seker 'n plek om te besoek."
"Hermon is naby die Du Vlei plaas, maar is nie werklik 'n toeriste bestemming nie. Riebeek-Kasteel (7 km van DuVlei af) en die plattelandse omgewing is die besienswaardighede en is hoekom mense uit die stad daarheen gaan oor naweke."
"Baie mooi. Ek dink julle moet op julle web sê dat Paarl tussen sekere maande die warmste plek in die land is! Dan sou ek gekyk het dat ek 'n plek het met lugreëling. Dit was 38ºC 20:30 in die aand!"
"Een van ons plekkies om te oorweeg, sou ons besluit om na baie jare weer terug te kom Kaap toe - hartsbegeerte!"
"Van Ryneveld het sy eie bekoring wat jou altyd bybly."
"Lieflike veilige area naby aan Universiteit, Spar en restaurante."
"Uitstekende restaurant, interessante area om te besoek en dagreise vanaf te doen na verskeie gedeeltes in die boland."
"Dit is 'n gegoede deel met lieflike huise en tuine naby die berg. Dit lyk of sekuriteit nie 'n probleem is nie. Sal moeilik wees om daar te bly sonder vervoer, tensy 'n mens 'n kranige stapper is!"