Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3581 reviews.
"Daar is geen mooier plek in die wêreld nie, een en geen groter gasvryheid as hier nie."
"Die omgewing bied baie - Goudinin Spa is 6,5km van die oord, daar is verskeie staproetes, 'n restaurant is 'n klipgooi ver, daar is wynkelders om te besoek in die omgewing."
"Pragtige rustige dorpie met die beste skoenwinkel - Redemption handgemaakte skoene en handsakke."
"So 'n mooi omgewing. Ons het na Bosjes gery. Baie lank daar spandeer. Foto's geneem by die lieflike trou-venue. By Rietdakkie-padstal gestop. Met ope arms deur Riaan en sy vrou ontvang. Later tafels weggeskuif en gedans. Groot pret!"
"Lovely town with historic buildings and incredible value for money at the wineries around."
"Baie vreemd om sommer orals, tussen huise en besighede, wingerde en skape te sien! Wens ons het nog baie meer tyd daar gehad om al hulle interessante winkels en plekkies te kon ontdek. Sou ook graag meer in die omgewing wou rondry."
"Ons eerste keer in Riebeek-Kasteel, het lekker rondgeloop in die koue en reën, al die klein winkeltjies beloer en (te veel!) geld uitgegee op hulle oulike produkte. Het Vlok Casteel se wyn- en ander produkte was baie spesiaal."
"Tulbagh kan beslis meer benut en besoek word. En Saronsberg is 'n wonderlike vertrekpunt vir al die ander besienswaardighede wat in die omgewing te siene is."
"Pragtige dorp met baie om te doen vir mense met verskillende belangstellings. Die berge bied uitstekende hiking en mountain bike roetes."
"Oe dit is prentjiemooi, die berge skilderagtig en die dorpie so mooi skoon, netjies en vol verrassings en lekker eetplekkies! Ons sal weer wil kom kuier!"
"Tulbagh is a lovely little town with a great sense of history and culture. We had a great time exploring the surrounding mountains too."
"Parkering is altyd 'n probleem in Stellenbosch, en die algemene veiligheid is nie meer so goed soos 'n jaar of wat gelede nie."