Geverifieerde Resensie
Breede River Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Breede River Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1137 resensies.
"First time visiting Tulbagh and it exceeded our expectations. It is an ideal area for a relaxing weekend away, with mountains all around."
"Close to the mall and town. Nice and safe area where the Sune Self Accommodation is at."
"Ons het Prince Alfred Hamlet, Ceres, Wolsley en Tulbach verken, asook die omliggende wynplase. Montpellier was 'n sprokie, met sy pragtige kapel en onthaalareas. Waverley was 'n onverwagse fonds met wonderlike wyn en 'n uithaler restaurant, so ook Saronsberg, Koelfontein en andere. Ceres se Zipline Adventure was 'n hoogtepunt! 'n Pragtige omgewing om te verken en ook bietjie die geskiedenis op te knap!"
Rawsonville, Breederiviervallei
Rawsonville Guest House"'n Dorp wat 'n wegkomkans bied van die gejaagde stedelike/voorstedelike lewenstyl."
"Ons is self van 'n gastehuis en is van mening dat ons oorsese gaste meer aangemoedig moet word om Tulbagh te besoek. Dit is nie baie ver vanaf Kaapstad/Gordonsbaai en akkommodasie in die omgewing is te kus en te keur. "
"Die dorpie het baie potensiaal maar van die winkels het tog afgeskeep gelyk. Kerkstraat is egter nog baie goed onderhou. Die omgewing is ongelooflik mooi."
"Daar is nie veel om te doen nie, maar kan Fowlers Grill vir seker aanbeveel as eetplek en die Mountain Mill Mall het fliek en eetplekke en genoeg winkels as jy wil uitkom en iets nodig het."
"Besoekers aan Tulbagh moet kennis dra daarvan dat goeie winkels op Tulbagh maar skraps is."
Rawsonville, Breederiviervallei
Rawsonville Guest House"Pragtige, stil, skoon dorp waar alles wat jy nodig het op Worcester te kry is. Naby aan 'n aantal goeie wynplase en interessante eetplekke."
"Ek was geskok om te sien dat daar amper geen kuierplek was, 2 pubs wat na middag oopmaak."
"Tulbagh is 'n pragtige plattelandse dorpie, met genoeg buitemuurse aktiwiteite om ons tevrede te stel, bv. perdry, bergklim, stap. En moenie vergeet van al die mooi omliggende wynplase waar mens kan wynproe en selfs eet ook by sommiges. Ons gunsteling dorpie en net 'n uur uit die stad."