Verified Reviews
Calitzdorp
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Calitzdorp
Rated 4.2 out of 5 based on 257 reviews.
"Baie mooi geskiedkundig behou. Restaurante en wynplase is 'n moet om te besoek."
"Ons kan nie 'n goeie beoordeling maak nie, want weens die vlak 4 Covid inperkingsmaatreëls was aansit restaurante en wynplase gesluit."
"Ons het by die Portuguese Restaurant gaan eet die aand. Die kos was pateties. Verder was alles nice en lekker gewees."
"Pragtige klein Karoodorpie met soveel karakter. Pragtige ou huisies, heerlike wyn, veilige gevoel waar jy ook al loop. Vriendelike mense, sal beslis weer daar gaan kuier."
"Die kerkklok maak dit so spesiaal elke keer as dit slaan en dit gee nostalgie. Die Dorpshuis is ook 'n besliste moet vir aandete. Uit die boonste rakke!"
"Calitzdorp is 'n moet voor die winter - veral om jou port-voorraad aan te vul. Baie mooi dorpie!"
"Sal defnitief Die Krans, Calitzdorp aanbeveel vir 'n ligte maaltyd. Salig onder die wingerd met goeie diens en gas vryheid en rustige musiek. Hulle Red Ruby is uit die boonste rakke. Bo-Plaas is 'n moet vir nog goeie port."
"The tiny pub in town had live music playing. It was a wonderful surprise and a great atmosphere!"
"Lieflike klein dorpie, nie baie tyd daar spandeer nie, maar vind dit lekker plattelands."
"Pragtige skoon dorpie met baie om te sien. Appelkose pluk by De Krans was ’n heerlike ervaring. Baie goeie inligting by toeristekantoor."
"Nice little town with some beautifully restored houses. Several good cafes and restaurants and three wineries. If you are a light sleeper, avoid staying near the church tower as its clock chimes every fifteen minutes all through the night!"
"While the area is clearly very subdued by virtue of Covid, the town is clean and people friendly. The whole area is very beautiful. Definitely worth a visit to relax."
"Heerlike kuier gewees, van die bekende wynplase tot 'n boetiekwynmakery besoek. lgnde het ons heerlik bederf met proe van boetiekwyne, olywe van verskillende formate en 'n paar atjars. Dis my idee van vakansie. En moenie van die mooiste grondpadpoort in die land (Seweweekspoort) vergeet nie. Sou nog 'n paar dae kon oorbly."
"Volgende keer gaan ons langer oorbly om Calitzdorp te verken. Die verfraaiing van die hoofstraat lok 'n mens om meer te wil sien en uit te vind."
"Such a gorgeous village with such friendly residents. We will stay longer next time."