Verified Reviews
Calitzdorp
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Calitzdorp
Rated 4.2 out of 5 based on 257 reviews.
"Ongekunsteld en rustig. Mens ry so maklik net deur, maar die dorpie het net soveel om te bied soos van die ander dorpe op Roete62."
"A quirky place with wonderful surrounds, but it needs better places to dine - or at least advertise such places more widely."
"We were in Calitzdorp many years ago, and were sad to see that it seems to have become rather run down and neglected. We wanted to "support local" but the price of mutton was way more than CT prices, and the other local produce was mostly wilted."
"Gaan koop gerus potte vir jou huis in die hoofstraat, ongelooflike pryse, ons kon net nie meer in ons bakkie laai nie. Die raam plekkie naby die kerk: pragtig en vriendelike mense, goeie pryse! Heerlik aandete geëet by die portugese dame op die dorp!"
"Bitter klein, stil dorpie met 'n rykdom van fantastiese wyn. Hier kry jy rus vir jou siel en kan jy lekker kuier. Ons vooraf beplande wynproe by Boplaas was fantasties en professioneel. Ons etes by Boplaas se bistro en later die aand by Zamani was heerlik. Calitzdorp het 'n unieke karakter en sal ons beslis weer sien!"
"Calitzdorp is 'n tipiese klein dorpie in die Karoo wat net in die allernodigste behoeftes voorsien. Ons was baie teleurgesteld dat ons al die pad na Oudtshoorn moes ry om ordentlike vleis te koop. Volgens wat ons verneem het, sal Spar blykbaar binnekort in die plaaslike gemeenskap se kruideniersbehoeftes kan voorsien. Indien ons egter weer in dié omgewing gaan kuier, sal ons beter voorsiening maak vir ons eie voorkeure en behoeftes. Die besoek aan Boplaas vir soetwynaankope het egter opgemaak vir die teleurstelling van die plaaslike slaghuis, wat veel te wense gelaat het."
"Alhoewel daar baie restaurante in Calitzdorp is, was slegs Zamani's in die aand oop. Hulle diens was puik en die steaks uit die boonste rakke."
"Calitzdorp is so mooi en die mense is baie vriendelik. Ek en my gesin het ons harte in Calitzdorp gelos."
"Lovely and friendly little town with wonderful wine farms - De Krans is lovely for breakfast as we sat under the vines. "
"Carlitzdorp se mense is vriendelik en hulpvaardig, maar daar is geen eetplek wat bietjie laat oop is nie en geen ordentlike plek soos 'n Shoprite of Spar om dan iets eetbaars te koop nie. So as jy oorbly, vat iets saam om te braai of te maak in by jou verblyf."
"Calitzdorp is 'n baie rustige dorpie met baie om te sien en te doen: Klein Karoo Landy Festival in November, die Calitzdorpdam in Buffelskloof langs die Nelsrivier, appelkoospluk en wynproe."
"Regte plattelandse dorp waar jy die waarde van rus besef ... die 'locals' is baie vriendelik en mens kuier lekker by die plaaslike restaurante."
"Enige reisiger moet een of ander tyd in sy lewe 'n draai maak op Calitzdorp. Die munisipaliteit kan gerus meer moeite doen met die voorkoms van die dorp. Veral die teerpaaie het baie aandag nodig."
"Pragtige dorpie met vriendelike mense en talle goeie akkommodasie, restaurante en wynplase met kelders."