Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Calitzdorp

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Calitzdorp bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 394 resensies.

Calitzdorp

Port Wine Guest House

"Oulike restaurante en 'n mooi omgewing."

Calitzdorp

Soeterus Guest Farm

"Baie veilige, interessante en ontdekkingstog bestemming. Die wyn is natuurlik baie goed."

Calitzdorp

Anna Sophia Cottages

"Ag, net 'n pragtige historiese Karoo dorpie met mooiste huisies en kleurvolle tuine ten spyte van die droogte. Heerlike pizza en heerlike ontbyt by Tuin Ateljee."

Calitzdorp

Kraaldoorn Farm Cottage

"Verrassend! Sal moet terugkeer by 'n volgende geleentheid."

Calitzdorp

Matjiesvlei Guest Farm

"Needs to be investigated much more to really enjoy it. I love the people and activities in the area ─ a good place to be."

Calitzdorp

De Wawielhuis Calitzdorp

"Top notch wineries ─ a must visit."

Calitzdorp

De Wawielhuis Calitzdorp

"Pragtige dorp. Bid dat dit gou sal reën en droogte gebreek sal word. Ons het die buitelugkonsert (Tribute to Andrew Lloyd Webber) by die Celebratio-plaas baie geniet."

Calitzdorp

Bella de Karoo

"A good, quiet stopover on the way to wherever, but not much else to recommend."

Calitzdorp

Anna Sophia Cottages

"Die droogte het tans 'n groot invloed op dorp, inwoners asook besighede. Al die eetplekke het egter hul beste gedoen en etes was altyd smaaklik. Die dorp is skoon, maar straatnaamborde ontbreek asook parkeerlyne. Die Wes-Kaapse regering kan gerus aandag skenk en bg. voorsien. Hierdie dorp is afhanklik van toeriste, maak dit aangenaam vir hulle en doen iets aan vervalle sypaadjies en gate in die pad!"

Calitzdorp

Welgevonden Guest House

"Die vetplantfees is uitstekend."

Calitzdorp

The Calitz

"Hulle kan dalk die Vetplantfees meer op sosiale platvorms en bemark."

Calitzdorp

Bella de Karoo

"Ons was die naweek van die Vetplantfees op Calitzdorp en het dit terdeë geniet - heerlik die Bokke/All Blacks-wedstryd by die Spekboom gaan kyk en koue pynstillers geniet. Dis 'n baie interessante dorp en omgewing en slegs 'n klipgooi vanaf die Tuinroete waar ons woon. "

Calitzdorp

Calitzdorp Railway Station

"Juweel van 'n dorpie met pragtige grondpaaie om te verken. Opregte Karoo-gasvryheid op sy beste!"

Calitzdorp

Calitzdorp Railway Station

"Oulike vakansie dorpie en baie skoon."

Calitzdorp

Port Wine Guest House

"Calitzdorp se mense moet almal begin saamwerk. Calitzdorp kort 'n baie goeie skoonmaak en opknap! Spekbome moet oral in die dorp aangeplant word omdat die plante min water nodig het."

Calitzdorp

Karoo Life Bed and Breakfast

"Ons was baie beïndruk met netheid in goedversorgde geboue!"

Calitzdorp

Matjiesvlei Cottages

"Calitzdorp is lekker vir etes en rondsnuffel, maar ek sal buite die dorp bly om die besonderse Swartberge te kan waardeer."

Calitzdorp

Anna Sophia Cottages

"Interessante geskiedenis en naby mooi gebiede vir die wat jou van avontuur en foto's neem. "

Calitzdorp

Port Wine Guest House

"Die lamb shanks by die Handelshuis is ongelooflik - definitief die moeite werd. Loer ook in by Axe Hill wynplaas as hulle oop is."

Calitzdorp

De Wawielhuis Calitzdorp

"Kyk na die mooi kerk."

Calitzdorp

Matjiesvlei Cottages

"We got to spend a morning at the local hot water spring and spa. Tasted port and enjoyed lunch at some of the various restaurants in town. Beautiful scenic drives in and around Calitzdorp. All well worth a return visit another time. "

Calitzdorp

The Calitz

"Baie mooi omgewing."

Calitzdorp

Matjiesvlei Guest Farm

"Lekker brunch geëet by Zamani Restaurant in Calitzdorp (die heerlikste peri-peri-hoenderlewertijies) en sommer ook 'n paar addisionele items by Spar en die winkeltjie/slaghuis gekoop. Dis net tragies dat die droogte die dorp en omgewing so nadelig getref het."

Calitzdorp

Karoo Life Bed and Breakfast

"Pragtige baie skoon dorpie met interessante winkeltjies en kelders."

Calitzdorp

Bella de Karoo

"Boplaas wynkelder is moet. Heerlike ete en musiek. Moskato wyn en whisky en brandewyn en port baie lekker."

Calitzdorp

Klokkies B&B

"Calitzdorp het ons verwagtinge oortref. Dié dorpenaars moet meer doen om die juweel te bemark! "

Calitzdorp

Die Handelshuis B&B

"Die dorp kom voor asof dit nie juis 'n geskiedkundige agtergrond het nie, behalwe die NG Kerk is daar geen ander van soortgelyke aard nie. Die besoek aan Boplaas was 'n teleurstelling, met geboue en kafee nie op dieselfde standaard in vergelyking met ander soortgelyke fasiliteite in die bedryf nie. "

Calitzdorp

Anna Sophia Cottages

"Lekker rustige plekkie as jy wil afskakel en wil wegkom van die stad se gedruis. "

Calitzdorp

Matjiesvlei Cottages

"As jy die geskiedenis ken kan dit interessant wees."

Blad
Blad 8 - Wys 211 tot 240
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem