Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1836 reviews.
"Dis baie mooi en ons het heelwat meer diere hierdie keer gesien, van jakkals, koedoe, gemsbok, springbok, rooihartebees en pragtige voëls."
"Ons het dit geniet om die klein begrafplasie te besoek. Die star gazing by die planetarium was uitstekend. Willem, wat die sessie aangebied het, is baie vriendelik en het 'n besonderse kennis van die sterre en veral selfoonkameras. Hy het ons gehelp om die mees onvergeetlikste foto's van die sterre te neem."
"Besoek die Boekklub, Karoo Blessings vir lekker nougat en lekker kuier met Mariaan en Suzanne. Draai by die kerk wat stunning is en ry deur die hele plek. Sal beslis weer hier kom besoek. Merweville is 'n great dorp!"
"Baie mooi dorpie om te besoek en die Swartbergpas en Meringspas is asemrowend om te ry. Baie vriendelike gemeenskap."
"Klein dorpie, maar die diens maak beslis op daarvoor. Ek was bietjie bekommerd oor die motor se veiligheid, maar hulle het CCTV wat aktief monitor. Ek sal beslis in toekoms 'n plan maak om te sien hoekom die mense so vriendelik is."
"Dorp lyk mooi opgepas, baie nice mense en lekkerste eetplekke byvoorbeeld La Di Dah restaurant."
"Ons het die oulike ou dorpie baie geniet. Die sterrekyk en bykomende opsies in die verband is baie goed geleë, goed geprys en die moeite werd in en om die dorp."
"Pragtige historiese dorp, baie van die kunshandelaars en plekke wat produkte produseer was oop (olywe, kaasmakery, ens). Vriendelike inwoners."
"Sal enigeen aanraai om Merweville te besoek. As jy opsoek is na stilte en rustigheid is dit beslis die plek."
"Ons het die besoek aan SALT baie geniet en al kon ons nie die sterre sien a.g.v. bewolkte weer was dit ‘n belewenis om in die Karoo oor te bly."
"Ons kon nie sterre kyk toe ons daar was nie so sal beslis weer teruggaan om dit te kan doen."