Verified Reviews

Cape Karoo

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo

Rated 4.5 out of 5 based on 1836 reviews.

Prince Albert, Cape Karoo

Aandrus

"Pragtige skoon en netjiese dorp."

Sutherland, Cape Karoo

Die Heks se Huis

"Stunning plekkie! Een afgeteken van die bucket list."

Merweville, Cape Karoo

Die Botes Huisie

"Vriendelike warm mense. 'n Plek om te ontspan in die heerlike Karoo weer eerder as om dinge te hê om te doen en te sien."

Sutherland, Cape Karoo

Jack of the Karoo

"Moet sterre aanbieding van Jurg by Sterland gaan kyk. Dit is die moeite werd!"

Sutherland, Cape Karoo

Die Heks se Huis

"Sutherland is 'n geskiedkundige dorp met 'n baie ryk erfenis. 'n Verskeidenheid aktiwiteite is beskikbaar waarvan 'n besoek aan die sterrewag asook sterrekyk 'n moet is. Aanbieders doen regtig baie moeite om leke soos ons te vertel waarna ons kyk as ons na sterre kyk. Sutherland behoort op enige reisiger se doenlysie te wees."

Cape Karoo

SANParks Paulshoek Cottage

"Gee aandag aan paaie en meer toeriste sal daardie deel van die land besoek."

Ladismith, Cape Karoo

Parkside Guesthouse

"Verlief op die dorpie."

Merweville, Cape Karoo

Hartsrus

"Merweville is die tipe Karoo-dorpie wat in mens se hart kruip. As jy stilte en rustigheid soek hier het die tyd nog bietjie stil gestaan. 'n Plekkie met hartsmense, 'n plekkie wat meer verdien om besoek te word."

Prince Albert, Cape Karoo

Onse Rus Guest House

"An interesting place to visit and to travel up the Swartberg Pass from Prince Albert. "

Sutherland, Cape Karoo

Die Heks se Huis

"Pragtige dorp met hope sterre-kennis."

Sutherland, Cape Karoo

Jack of the Karoo

"Die omgewing is vredevol en rustig. Nogal baie om te doen vir so klein plekkie. Planetarium. Onthou om die dag- en nagtoer te doen by die teleskoop. Die Blue Moon het baie lekker kos en is 'n baie knus restaurant. Vriendelike, hulpvaardige diens. Sal definitief weer gaan, vir langer."

Prince Albert, Cape Karoo

Yellow House

"Absoluut pragtig met baie goeie toeriste waarde. Restaurante baie goeie keuse van heerlike geregte, en gasvryheid."

Prince Albert, Cape Karoo

Aandrus

"Een van my gunstelingdorpe in SA. Pragtig en skoon. Die teerpad tussen die N1 en Prince Albert is baie goed. Die afdraai is die moeite werd."

Laingsburg, Cape Karoo

Golf View Guest House

"A place with history, quaint little shops and eateries."

Merweville, Cape Karoo

Springbok Lodge Merweville

"Sien Merweville as 'n pelgrimstog om weer met dit wat belangrik in die lewe is te "connect" - gaan stap in die stofstrate, mediteer in die kerk of babbel op die boekklub se stoep, maar doen dit net stadig."

Ladismith, Cape Karoo

Karoo Karos

"Kanna Kombuis is 'n kindervriendelike eetplek met 'n puik spyskaart."

Sutherland, Cape Karoo

The V8 House

"Sterrekyk by oom Jurg, SALT en die planetarium was beslis die moeite werd."

Prince Albert, Cape Karoo

The Cottage

"Karoodorp op sy beste."

Prince Albert, Cape Karoo

Casa Milorca

"Dit was ons eerste besoek aan Prins Albert. Maar definitief nie die laaste nie. Dis die mooiste dorpie. Lekker snuffelwinkeltjies, interressante mense. En geskiedenis. Daar is te baie om te doen vir een aand. Onthou om jou kuier te beplan vir 'n langnaweek."

Sutherland, Cape Karoo

Die Heks se Huis

"Daar is baie om te doen en sien in dié klein dorpie en dis die ideale bestemming as jy wil sterrekyk in die Karoo."

Sutherland, Cape Karoo

Kleine Hansie Kothuis

"Heerlike en rustige plek. Inwoners is so vriendelik en gasvry. 'n Plek om te geniet."

Prince Albert, Cape Karoo

Bid Huisie

"The perfect long weekend getaway town."

Prince Albert, Cape Karoo

Casa Milorca

"Pragtige dorp met soveel mooi gerestoureerde huise van die 1800s, heerlike eetplekke en kunsgalery met groot verskeidenheid. Dorp word baie mooi instandgehou. Spookstories-staptoer in die aand was hoogtepunt."

Merweville, Cape Karoo

Springbok Lodge Merweville

"Ons was absoluut mal oor Merweville en sal beslis weer daar gaan kuier."

Sutherland, Cape Karoo

Primrose Cottage

"Die Ou Meul - baie oulike restaurant. Sterrekyk net onmoontlik as dit bewolk is. Teleskope baie interessant - maak net seker jy het bewys van inenting anders gaan hulle jou nie toelaat op die perseel nie (besprekings vir teleskooptoere deur Quicket). Baie koud - so neem warm klere saam."

Sutherland, Cape Karoo

Die Heks se Huis

"'n Plek om tenminste een keer in jou lewe te besoek!"

Prince Albert, Cape Karoo

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Pragtige Karoo-dorp met baie te sien en doen."

Sutherland, Cape Karoo

Kleine Hansie Kothuis

"Ons het die sterrekyk geniet, maar as die weer nie saamspeel nie, mors jy jou tyd. Net een teerpad in na die dorp as jy met 'n gewone voertuig ry. Wees bewus daarvan. Beslis net vir natuurliefhebbers."

Merweville, Cape Karoo

Die Botes Huisie

"Pragtige dorp met wonderlike mense, mooi natuur en die lekkerste nougat!"

Page
Page 18 - Showing 511 to 540
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Guest account already exists

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account linked to

It looks like you already have a guest account. Please log in to verify your identity before we set up your host profile.

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers