Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1877 resensies.
"Dit is 'n belewenis wat elke reisiger in Suid Afrika ten minste een maal behoort te ervaar! Jurg Wepener by Sterland gaan uit sy pad om elke besoeker met hope kennis en entoesiasme te vul. Dit is aan te bevele om in die winter tydens donkermaan te gaan sterre kyk. En onthou om saam met jou verblyf ook jou tafel in 'n restaurant te bespreek - veral by die Ou Meule. Dit is skaars en in groot aanvraag elke aand."
"Beautiful town - off the beaten track. Loved the restaurants the town had to offer! Close proximity to Swartberg Pass, Gamkaskloof (Die Hel) and Cango Caves. "
"Werklik 'n Karoodorp met baie karakter en baie om te sien en te doen. Hulle sien ons beslis weer."
"Hierdie Karoodorpie het jare gelede reeds ons harte gesteel. Sal altyd terugkom hierheen."
"Prince Albert was 'n verrassing. 'n Pragtige dorpie wat weggesteek is tussen die berge."
"Laingsburg self bied nie veel nie, maar is 'n tipiese Karoodorpie. Vir iemand wat hou van Karoo is dit ideaal, want die omgewing bied baie onverwagte wonders."
"Swartberg Hotel se beesstert is innig lekker. Probeer gerus Karookombuis vir 'n lekker kuier met die eienaars. Ry uit na die Gamkapoortdam."
"Behalwe vir die museum en borde wat die vloed vlakke van die tragiese vloed aandui is daar nie veel te sien nie. Die rustige klein dorpie en unieke Karoo skoonheid maak egter daarvoor op. Restaurante en wegneem ete plekke verskaf 'n lafenis na die lang rite deur die Karoo."
"Die 'nuwe' Gin Bar is 'n moet, uitmuntende toevoeging tot die allegaartjie van goeie plekke reeds in die dorp."
"Hierdie tipe vakansie is elke sent werd. Matjiesfontein is 15 km weg om net iets lig te geniet en hulle kos is besonders lekker. Die naghemel is die mooiste in die Karoo en dieregeluide in die agtergrond dra by tot die lekker kuier. "
"Prins Albert is 'n bekoorlike klein dorpie aan die voet van die Swartberge en dus is die omgewing pragtig, ten spyte van die droogte. Die strate is netjies en skoon en die mense vriendelik. Ek dink die Munisipaliteit moet egter aandag gee aan die lekker breë hoofstraat wat deur sommige inwoners en besoekers soms as 'n resiesbaan gebruik word - hulle steur hulle beslis nie aan die spoedbeperking nie. Spoedwalle kan dalk 'n opsie wees?"
"'n Dorpie vol geskiedenis. 'n Besoek aan die Fransie Pienaar Museum is 'n moet as jy belangstel in die geskiedenis van die omgewing. "
"Museum was geweldig interessant. Veral ouer dame wat daar werk en vloedramp self beleef het, het vertelling nog lewendiger gemaak."
"Prins Albert is 'n dorp vol geskiedenis en interessanthede. Dis besonders om die dorp van meer as 250 jaar oud te bewonder, met sy leivore, ou geboue, antieke grafte en groot bome. Heelwat restaurante om van te kies. Maak seker om ver vooruit te boek vir aandete as mens in vakansie seisoen soontoe gaan. Die hotel het 'n heerlike ontbyt plekkie en 'n Gin bar met 'n verskeidenheid plaaslike gins. Die dorp se kerk is pragtig en het sulke mooi ou huise. En as jy daar is, doen jouself n guns en ry die Swartberg pas, dit kan met 'n gewone kar gedoen word, en is regtig iets besonders om te sien. "
"Baie interessante dorp, uniek! Sterrekyk by Jurg van Sterland Stargazing was ongelooflik goed."