Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1910 resensies.
"Ons het veral die Fransie Pienaar museum geniet. Maandae is ‘n bietjie stil en ‘n paar besighede was toe of sluit vroeg. Veilig om rond te loop in die strate."
"'n Pragtige dorpie met asemrowende sterbelaaide nagte. Net die pad tussen die dorp en die N1 kort nog werk om dit verbruikersvriendelik te maak."
"Beautiful and charming. peaceful, clean, very friendly people, typical Karoo hospitality. safe environment. You can't help but relax and unwind."
"Baie rustige plek, maar so baie om te doen en te sien. Baie lekker eetplekke."
"Wees voorbereid: geen kafees of wegneem ete plekke na ure nie, en min op Sondae. Beplan dus om voor 19:00 in die aand daar aan te kom anders gaan jy honger slaap. Neem muskietwerende goed saam . Die hele land se muskiete kom hier bymekaar wanneer die son sak."
"Wat 'n pragtige, goed bewaarde en aangename dorp, in 'n pragtige omgewing en soveel om te bied. "
"Die dorp Ladismith is nie veel om na uit te sien, maar die omgewing is fantasties."
"Mooi netjiese Karoo dorp aan voet van Swartberge. Dorp en omgewing het interessante historiese en geografiese besoekplekke. Almal die moeite werd om te sien. Gemeenskap kan geloof word vir "omgee vir diere" en instellings soos die Donkey Sanctuary."
"Ek hou van die plek. Sal weer kom kuier of as deurgang na Mosselbaai gebruik. Skilderagtig en baie veilig!"
"Baie beslis 'n besoek werd met al die gasteplase in 'n pragtige omgewing. Pas ook Klaarstroom en De Rust in by enige reisprogram want langs die pad daarheen wag daar verrassings."
"Great place! Country Hotel Laingsburg het top potjiekos! Probeer gerus die afval!"
"Die oorspronklike plaas het aan van my direkte voorgeslagte behoort. My oupa het sy kinderjare op Prince Albert deurgebring."
"Beslis 'n moet. Om die SALT-Projek te kon besoek, was verrykend en trots om dit in Suid-Afrika te kan beleef. Die Karoo is besonders en ons het verlief geraak."
"Dit is 'n belewenis wat elke reisiger in Suid Afrika ten minste een maal behoort te ervaar! Jurg Wepener by Sterland gaan uit sy pad om elke besoeker met hope kennis en entoesiasme te vul. Dit is aan te bevele om in die winter tydens donkermaan te gaan sterre kyk. En onthou om saam met jou verblyf ook jou tafel in 'n restaurant te bespreek - veral by die Ou Meule. Dit is skaars en in groot aanvraag elke aand."
"Beautiful town - off the beaten track. Loved the restaurants the town had to offer! Close proximity to Swartberg Pass, Gamkaskloof (Die Hel) and Cango Caves. "