Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1836 reviews.
"Pragtige dorp met baie om te doen en great vir fietsryers, stappers. Daar's ook lekker eetplekke. "
"Sal weer gaan. Groot bewondering vir 'n dorp en 'n gemeenskap wat soveel doen vir hul eie oorlewing. Mag die droogte gou iets van die verlede wees!"
"Sutherland is 'n regte dorpie en 'n mens hoop dit sal altyd so bly. Die stofstrate, die gelui van 'n kerkklok, die flou straatligte is alles dinge wat Sutherland uniek maak. Die inwoners is baie vriendelik en 'n mens voel sommer net tuis."
"Ladismith is 'n interessante dorpie. Gaan eet gerus by Kanna Karo en die Klein Karoo Kombuis - uitstekende kos en waarde vir geld. "
"Steek maar bietjie kers op by Gauteng se voorstede en sit spoedhobbels in Pastorielaan en die Hoofstraat op. Die 'locals' jaag soos besetenes in die strate."
"Ons was beïndruk met Prins Albert se SPAR. Dit sal dalk goed wees indien verlengde besigheidsure gedurende naweke oorweeg kan word, veral vir toeriste wat moontlik laat arriveer en voorraad moet aanskaf indien hulle van selfsorgeenhede in Prins Albert gebruik maak."
"Die dorp bied nie veel om te sien, maar die area rondom dit en die is gastehuis absoluut die moeite werd."
"Sutherland was 'n aangename ervaring. Maak 'n draai (bespreek 'n toer) by die SAAO-tuiste van die SALT-teleskoop en eet ietsie in die dorp. Eet gerus by die "Ou Meule" - lekker kos en stewige porsies. "
"Lieflike dorpie, met pragtige huise, mooi winkels, restaurante met goeie kos, en gawe inwoners."
"Dit was ons eerste besoek aan Prins Albert en ons het dit regtig geniet. Alhoewel ons daar was oor 2 vakansiedae, en meeste plekke toe was vir besigheid, het ons dit steeds geniet. "
"Dis 'n mooi dorpie en die SALT maak dit n volledige pakket vir 'n paar dae se rus."
"Ons het 'n 'ghost tour' gehad en baie lekker in die Hotel geëet. Ons was net daar vir een aand, maar ons wil volgende keer langer in die dorpie bly."
"As 'n mens die Karoo en hul mense wil beleef, is dit die plek om heen te gaan. En natuurlik die sterre was asemrowend."
"Pragtige ou historiese en skoon dorpie. Veral aan die onderkant waar huise uit 1850 dateer. Die mense is ook almal vriendelik."
"Prins Albert is een van ons gunsteling plekke in die Karoo. Die dorp is so rustig en die mense is baie vriendelik."
"Die Swartbergpas na Oudshoorn is baie aanskoulik, veral in die voormiddag voor dit warm raak."
"Baie interessant vir twee tot drie dae se besoek. Vriendelike mense, oral hartlik ontvang."