Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"Ek gaan telkemale terug na Montagu omdat ek elke keer so lekker daar kuier."
"Fantastiese plek, vriendelike mense, pragtige natuurskoon en fantastiese restaurante en wynplase in die omtrek."
"Wonderlike toeristebestemming, nog lank nie klaar gekuier nie en sal baie graag wil teruggaan!"
"Lekker vir 'n langnaweek. Dorpie lieflik vir stap, voel veilig. Weet daar is nog baie onontginde skatte in die omgewing waarvoor ons nie tyd gehad het nie."
"Heerlike wynroetes en die dame by die Inligtingsburo was baie behulpsaam met die boek van 'n wyntoer en 'n bootrit. Het ook heerlik gekuier saam met Jeanette wat ons op die wyntoer geneem het."
"Baie lekker dorp met heerlike eetplekke en alles wat mens sou benodig. Baie in omgewing om te sien en te besoek."
"Prins Albert is 'n baie oulike, rustige Karoodorpie. Daar is baie lekker eetplekkies. Kan nie wag om weer te gaan nie!"
"Ons ken die dorp van vroeëre besoeke en het dus geweet wat om te verwag, maar dit bly skilderagtig en gesellig."