Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2352 resensies.
"Kan net vir almal betrokke weer dankie sê vir die heerlike verblyf. Renee, veral, was vriendelik en het al ons vrae beantwoord en was baie behulpsaam. Dankie!"
Seweweekspoort, Kaapse Roete 62
Seweweekspoort Op-die-Plaas Kamp"Ek dink as ons geweet het daar is geen water in die rivier nie, sou ons nie gegaan het nie. Dit is baie rustig en regtig 'n mooi pad tot daar."
"Lekker brunch geëet by Zamani Restaurant in Calitzdorp (die heerlikste peri-peri-hoenderlewertijies) en sommer ook 'n paar addisionele items by Spar en die winkeltjie/slaghuis gekoop. Dis net tragies dat die droogte die dorp en omgewing so nadelig getref het."
"Boplaas wynkelder is moet. Heerlike ete en musiek. Moskato wyn en whisky en brandewyn en port baie lekker."
Seweweekspoort, Kaapse Roete 62
Uitsig Cottages- Hemelrand"So mooi. Sou meer verblyf in die poort wou sien. Maar omgewing is skoon, werk aan die paaie wat goed is."
"Ons is ongelukkig vroeg uit en laat in. Kon dus nie veel van die dorp geniet of besoek nie."
"Pity about the current roadworks and stop-and-go’s. Otherwise lovely area for wine tasting."
"Meer kan gedoen word om toerisme in die omgewing van Bonnievale te bevorder. Verskaf meer inligting oor besienswaardighede of nabygeleë ontspanningsplek/eetplekke in die vorm van kleurvolle pamflette."