Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2342 resensies.
"Ons is ongelukkig vroeg uit en laat in. Kon dus nie veel van die dorp geniet of besoek nie."
"Pity about the current roadworks and stop-and-go’s. Otherwise lovely area for wine tasting."
"Meer kan gedoen word om toerisme in die omgewing van Bonnievale te bevorder. Verskaf meer inligting oor besienswaardighede of nabygeleë ontspanningsplek/eetplekke in die vorm van kleurvolle pamflette."
"Die parkering by die Spar-sentrum is net 'n probleem anders is dit 'n baie lekker plek."
"Was verras oor hoe baie goeie wynkelders in so 'n kompakte area is. Ons het heerlik gekuier, wyn en olywe geproe. Die bootrit by Viljoensdrif is 'n moet! "
"Beautiful walking trails, indigenous bulbs, waterfalls and an incredible peace and quiet. Stunning area. "
"Vriendelike dorpie met vriendelike mense, verskeie uitstekende restaurante en blyplekke. "
"Pragtige dorpie - die padverleggings op die stadium 'n pyn as jy Swellendam/Roberson se kant toe ry en ek vermoed dit gaan nog jare neem om te voltooi. Vrugtetyd, maar geen vrugte stalletjies/winkel in die dorp wat vrugte verkoop nie en supermarkte mal met pryse! Lekker staproetes - selfs 'n stappie deur die dorp is 'n fees met al die ou huisies en geboue. Die Cape Dry winkel is 'n moet en lei jou lekker in die versoeking met al hulle heerlike eetgoed. "
"Calitzdorp het ons verwagtinge oortref. Dié dorpenaars moet meer doen om die juweel te bemark! "
"Ladismith het maar nie veel om te doen behalwe 'n paar wynkelders/koffie winkels nie. As jy op 'n vakansie is waar jy daagliks iets wil doen stel ek 'n ander toeristebestemming aan."
"Robertson as dorp het ons voete onder ons uitgeslaan. Ons het lanklaas 'n klein dorpie in SA gevind wat so op die bol is soos op Robertson. Die dorp het baie gegroei sedert ons 4 jaar gelede by Bourbons gaan eet het. Die Spar was 'n belewenis en 'n lushof om by te gaan inkopies doen. Postnet se koffieplekkie en kreatiewe uitleg is pragtig. De Bakkerij is kreatief en oulik! En dan het dit ons opgeval hoe mooi die meeste van die dorp se huise versorg en gerestoureer is om by die boustyl van die dorpie te bly. Die imposante gebou van Four Cousins restaurant het my erg beïndruk en die Sondagmiddag atmosfeer was vreeslik lekker! Net jammer daar was nie genoeg tyd om by al die koffiewinkels en wynplekkies te gaan inloer nie. Selfs die Hospice winkel het beïndruk. Baie dankie. Ons kom weer kuier!"
"Die bekoring van Ladismith is die sjarme van die dorpie, sonder om toeristerig te wees. Dié plek sien ons beslis weer!"
"Dis 'n pragtige dorp en omgewing - Sal definitief weer besoek en verder verken."
"Rustig dorp met enkele leuke eetadresjes. Aanrader een maaltijd in het wijnhuis De Krans"
"Restaurant waar ons geëet het 22 Church Str uitstekend. Mense van Montagu baie vriendelik. Het Niel van Niel se Huiswinkel ontmoet was baie baie vriendelik en het uit sy pad gegaan om my Engelssprekende familie by te staan. Baie dankie."