Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2351 resensies.
"Julle sien ons sommer gou weer! So lieflike plek en ervaring! "
"Beautiful little town full of history and character. One could almost imagine that you are in another country like Tosca. Quiet, peaceful and heavenly."
"Pragtige dorp met goeie akkommodasie, goeie winkels, beste restaurante."
"Dit is 'n mooi dorpie, net ver van Vredenhof af. Daar is nie 'n kortpaadjie soontoe nie. "
"Dis altyd 'n plesier om Robertson en die omliggende wynplase te besoek. Mens word orals hartlik ontvang en personeel is almal goed opgelei, vriendelik, professioneel en behulpsaam. Toeriste behoort gerus 'n plan te maak om die omgewing te besoek."
"Ons het die naweek van die Meiringspoort Fiets wedren gekies, wat toevallig ook die naweek van die Kerk basaar was. Het dit vreeslik geniet, maar ek dink oor die algemeen is De Rust stil, en daar is nie veel vermaak nie. Mens moet verstaan dat dit 'n "wegkomkans" is wanneer jy De Rust kies as bestemming! "
"Ek het meer verwag van die Saterdag se stalletjies, verder is dit 'n pragtige dorpie."
"Robertson has a lot to offer, and of course Klipdrift is located close by and De Wetshof winery went the extra mile in welcoming us and you can do contact them also to arrange a tasting, to name just a few."
"If I could move there permanently I would. It is one of the most beautiful places in the Cape."
"Ladismith is 'n klein dorpie, was nogal teleurgesteld dat mens nie Ladismith Kaas mag besoek of daar koop nie. Maar daar is 'n Parmalat Factory Shop in Ladismith - dis beslis die moeite werd om daar te stop. "
"Ek was nog altyd 'n baie groot liefhebber van Montagu en was al bitter baie daar vir oornag akkomodasie of vakansie. My laaste 2 ergvarings was dus dat ek die "locals" baie onvriendelik vind. Ek bly self op 'n klein dorp en hier groet almal mekaar en dit was voorheen die gevoel wat ek op Montagu gekry het, maar laaste twee besoeke was dit nie die geval. "