Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2342 resensies.
"If I could move there permanently I would. It is one of the most beautiful places in the Cape."
"Ladismith is 'n klein dorpie, was nogal teleurgesteld dat mens nie Ladismith Kaas mag besoek of daar koop nie. Maar daar is 'n Parmalat Factory Shop in Ladismith - dis beslis die moeite werd om daar te stop. "
"Ek was nog altyd 'n baie groot liefhebber van Montagu en was al bitter baie daar vir oornag akkomodasie of vakansie. My laaste 2 ergvarings was dus dat ek die "locals" baie onvriendelik vind. Ek bly self op 'n klein dorp en hier groet almal mekaar en dit was voorheen die gevoel wat ek op Montagu gekry het, maar laaste twee besoeke was dit nie die geval. "
"Alles is maklik bykombaar. Gaan maak 'n draai by R62 diner en Eseltjiesrus Donkey Sanctuary by McGregor."
"Die perfekte dorpie vir die lekkerste kuier. Gaan eet gerus by The Mystic Tin; ek sal dit ten sterkste aanbeveel."
"Die hele dorpie het 'n wonderlike atmosfeer en die wynplase is great! Baie om ook in die omgewing te doen. "
"In die Karoo. Lieflike kalmte in die omgewing. Mens kan regtig jou hart daar verloor."
"Lieflike dorpie met aangename mense en 'n groot hoop wonderlike dinge om te sien."
"Ons het ons eie wyntoer deur die omgewing gehou, oral wyn geproe en aangekoop by die wynkelders, heerlike Chardonnay en Sauvignon Blanc ontdek, ons het oral vriendelike diens en gasvrye mense ervaar, Robertson het pragtige, groen tuine by hul toeriste-bestemmings, en oral is 'n heerlike ontspanne en gesellige atmosfeer!"
"Was mal oor die Saterdagoggend "vibe". Van Mooiuitsicht drankwinkel se vrolikheid tot Boplaas se flair."
"Baie om te eet, maar min om te doen tensy mens verder ry. Alles maak te vroeg toe. "