Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 2342 reviews.
"Ons geniet die eetplekke en kuierplekke op Robertson, veral Four Cousins en Bourbon Street. "
"McGregor is 'n oulike toeristebestemming. Mens kan die dorp van bo na onder deurloop en die pragtige ou huisies en geboue bekyk. Die restaurant wat na 'n bekende Italiaanse operasangeres vernoem is, het 'n pragtige tuin aan die agterkant wat die moeite werd is om te besoek en boonop is hul kos uit die boonste rakke!"
"Daar is so baie om te doen in die area en die mense is almal baie vriendelik."
"Delightful village for a shortish stay; beautiful surroundings, off the beaten track, very peaceful."
"Ons het Calitzdorp toe gegaan, vir die Vetplantfees. Goed georganiseerd: baie stalletjies met vetplante, 'n uitstappoie met 'n gids op 'n koppie naby die dorp, 'n praatjie deur Ernst van Jaarsveld. Ons het soeveel geleer an gesien. Almal het ons verwelkom en was baie vriendelik. As iemand Calitzdorp toe ry, moet jy alles saamvat. Geen winkels oop op laat Saterdag of Sondag."
"Oulike eetplekke en besienswaardighede, maar die padwerk wat so sloer laat mens twee keer dink."
"Bied alles vir mense uit die stad en is regte platteland sommer net hier naby die stad."
"Calitzdorp is redelik vervalle en glad nie die plek wat ons oor die jare leer ken het nie!"
"Die art deco Montagu hotel is 'n besoek werd. Ons het 'n heerlike ete in ouwêreldse sjarme geniet, met rustige agtergrondmusiek wat op die vleuelklavier gespeel word."
"McGregor is soos 'n batterylaaier - nie opwindend nie, maar doen sy werk goed. Jy kom met 'n pap battery daar aan en vertrek weer met 'n volgelaaide een. Dit is asof tyd teen halfpas loop op hierdie pragtige plekkie. Ek wil wéér en wéér en wéér teruggaan!"
"Lekker plek, maar nie 'n 5 ster hotel nie, maar dit is nie hoekom jy McGregor toe kom nie."