Geverifieerde Resensie
Cape Winelands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3737 resensies.
"Ek verneem dat daar 'n groot getal HOP-huise gebou word aan die kant van die dorp. Ek dink dit gaan definitief 'n invloed hê op die toerismebedryf daar. Op die oomblik is dit nog 'n pragtige, rustige dorpie."
"Nie regtig tyd gehad om Klapmuts te verken nie, maar was darem by butterfly world gewees wat regtig baie mooi was."
"Groen, netjiese omgewing. Voel weg uit die stadsgedruis. Beslis ideaal om te ontspan. "
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
Church Hills Boutique Guest House"Beautiful part of the world and quaint villages with excellent cuisine and lots to do for nature lovers."
"Heerlik om die wynplase en oulike dorpies soos Rawsonville te besoek. Uitmuntende berge. Oulike padstalle. "
"Die Rawsonville omgewing is baie mooi met heelwat kelders en restaurante wat besoek aangenaam maak."
"Rawsonville is 'n rustige dorpie. Behalwe vir die wynplase in die omgewing is daar nie veel om te doen nie. Voldoende vir 'n luilekker rustige naweekwegbreek. "
"Hierdie dorpie het my hart gesteel! Dis pragtig en silwer skoon. Ou sjarme begroet jou om elke hoek en draai."
"Stellenbosch is pragtig! 'n Moet vir enige wyn-liefhebber!"
"Ons was gelukkig om 'n troue in die ou N.G. Kerk by te woon. Wat 'n wonderlike ou gebou! Die diens daar het bygedra tot ons goeie herinneringe aan Robertson en omgewing. Ons sal beslis weer die omgewing besoek!"
"Ek is mal oor Montagu as toeristebestemming. So baie mooi plekke om te besoek. Ons het geëet by die Montagu Hotel en dit was 'n wonderlike ervaring. Sowat van goeie diens en voortreflike kos. Daar is soveel te sien wat kuns en handwerk aanbetref in Montagu en die omgewing is ook mooi. "
"Stellenbosch is my hartstad. Ek is so lief vir die atmosfeer en die mense en die natuurskoon. As 'n Pretorianer sal ek enige tyd en enige dag in Stellenbosch verwyl. "