Geverifieerde Resensie

Cape Winelands

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3721 resensies.

Robertson, Kaapse Wynlande

Randrivier Guesthouse

"Baie sentraal geleë om baie ander plekke te besoek."

Robertson, Kaapse Wynlande

De Hoop Cottages

"Dis 'n baie mooi plek, hou van die groenigheid."

Montagu, Kaapse Wynlande

Le Domaine Self Catering Farm Cottages

"Montagu is 'n pragtige dorpie, hoort op elkeen se vakansie lysie te wees."

Montagu, Kaapse Wynlande

Bon Accord Farm Cottages

"Sentraal om verskeie wynkelders en ander toeriste aantreklikhede te bereik."

Stellenbosch, Kaapse Wynlande

San Gabriel Homestead

"Sal eendag daar gaan bly! Is maar net 'n juweel so altyd."

Montagu, Kaapse Wynlande

Mountain View Lodge Montagu

"Dis heerlik stil en die vallei is baie mooi. Die toerismeburo kan meer doen om alle besienswaardighede en aktiwiteite in die omgewing op hul webwerf te promoveer. Dit sluit restaurante, wynplase (proelokale oop vir die publiek en tye), akkommodasie, winkels, padstalle, ens in. Dit help om te weet wanneer wie (werklik) oop en toe is. Moes baie rondbel om uit te vind. Die webwwerf is goed, maar kan verbeter. Kon meer hulpvaardige inligting vanaf Trip Advisor en sekere brosjures by blyplekke kry. Montagu moet iets doen om hul uitstallings in die museum (sendingkerk) bietjie meer aantreklik te maak. Dit is interessant, maar die voorlegging kort werk. Montagu is lieflike plek, sal weer terug gaan, maar net nie weer tydens 'n hittegolf nie."

Montagu, Kaapse Wynlande

360on62 Mountain View Farm Cottages

"Pragtige skoon dorpie, waar 'n mens alles kry wat jy nodig het: 'n wassery, 'n gesondheidswinkel, lekker restaurante, veral Rambling Rose. Sal weer gaan. Die natuurskoon is asemrowend!"

Montagu, Kaapse Wynlande

Anchorage Inn Guesthouse

"Pragtige dorp. Bo aan my lys van gunstelinge!"

Brandwacht, Kaapse Wynlande

Feel @ Home

"Lekker naby al die mooi plekke, het veilig gevoel. "

Montagu, Kaapse Wynlande

The Vineyard Country House

"Restaurante is klein en maak redelik vroeg saans toe. Jy gaan honger slaap indien geen bespreking vir aandete gemaak is nie."

Bovlei, Kaapse Wynlande

Oude Wellington Estate

"Bovlei is baie mooi. Doolhof en Diemersfontein se wyne is 'n moet vir 'n wynproe. As jy hou van "mountain biking", sal jy ook dit geniet om van die roetes daar te gaan uitry."

Robertson, Kaapse Wynlande

Mabet and Gabriella Guest Rooms

"Robertson is a gem. The wines available in the area are fantastic, the town is adorable and wine tasting is free unlike most other regions in the Cape. Although it's further from Cape Town it's a lovely town to spend a weekend away. "

Montagu, Kaapse Wynlande

360on62 Mountain View Farm Cottages

"Lots to do, wine farms, mountains, river and tractor outings, not to be missed."

Paarl, Kaapse Wynlande

DOT J J B & B

"Lekker stil in Paarl. Baeie wynplase en goeie restaurante beskikbaar."

Montagu, Kaapse Wynlande

The Vineyard Country House

"Mooi en interressante dorpie. Heelwat om te doen in omgewing. Verbasend goeie restaurante."

Paarl, Kaapse Wynlande

Ladera Vista

"Die Paarl is die beste plek om oor te bly aangesien dit sentraal is en baie is om te doen en te sien. Die wynplase is almal 'n belewenis. Die Pinotage burgers by Byerskloof is 'n moet vir elke toeris wat Paarl toe gaan."

Wellington, Kaapse Wynlande

La Rochelle

"Pragtige klein dorpie wat alles bied wat 'n reisiger nodig het. Oulike restaurante."

Voor-Paardeberg Wyn Wyk, Kaapse Wynlande

Lady Loch Guest House

"Lieflike area, met Paarl naby en historiese besienswaardighede."

McGregor, Kaapse Wynlande

Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1

"Rustig, pragtig, beslis 'n aantreklike toeristebestemming."

Wellington, Kaapse Wynlande

La Rochelle

"Gerieflik geleë in die Boland naby Paarl, Franschhoek en Stellenbosch sonder die buitensporige pryse van toeriste-bestemmings in die gebied. "

Robertson, Kaapse Wynlande

DuVon Farmhouse

"Baie mooi dorp en omgewing met die beste wyn in die land. "

Paarl, Kaapse Wynlande

Bona Vista Self-Catering Accommodation

"Ons was vinnig in die winkelsentrum om die nodige aan te koop vir ons braai. Die winkels het alles gehad was nodig was. Ons was nie verder in Paarl se winkels nie, maar die wynroetes en die bekende Spice Route en Fairview is is naby die plaas."

Worcester, Kaapse Wynlande

PALM LA VIE

"Wat 'n verrassing van 'n dorp! "

Robertson, Kaapse Wynlande

Paul Kruger 63

"Die restaurante se besigheidsure is net bietjie swak. Enigste plek wat oop was vir aandete was Spur. Mens wil tog nie elke keer by Spur eet nie. Dit raak afgesaag."

Blad
Blad 119 - Wys 3541 tot 3570
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang