Verified Reviews
Cape Winelands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Winelands
Rated 4.6 out of 5 based on 3690 reviews.
"Robertson as dorp het ons voete onder ons uitgeslaan. Ons het lanklaas 'n klein dorpie in SA gevind wat so op die bol is soos op Robertson. Die dorp het baie gegroei sedert ons 4 jaar gelede by Bourbons gaan eet het. Die Spar was 'n belewenis en 'n lushof om by te gaan inkopies doen. Postnet se koffieplekkie en kreatiewe uitleg is pragtig. De Bakkerij is kreatief en oulik! En dan het dit ons opgeval hoe mooi die meeste van die dorp se huise versorg en gerestoureer is om by die boustyl van die dorpie te bly. Die imposante gebou van Four Cousins restaurant het my erg beïndruk en die Sondagmiddag atmosfeer was vreeslik lekker! Net jammer daar was nie genoeg tyd om by al die koffiewinkels en wynplekkies te gaan inloer nie. Selfs die Hospice winkel het beïndruk. Baie dankie. Ons kom weer kuier!"
"Om oor te bly in Wellington kan van plekke deur toeriste in die omgewing besoek word. "
"Dis 'n pragtige dorp en omgewing - Sal definitief weer besoek en verder verken."
"Daar is baie te sien en te doen in die omgewing vir 'n kort vakansietjie. Ons het veral Giraffe House, Butterfly World en Spice Route geniet."
"Restaurant waar ons geëet het 22 Church Str uitstekend. Mense van Montagu baie vriendelik. Het Niel van Niel se Huiswinkel ontmoet was baie baie vriendelik en het uit sy pad gegaan om my Engelssprekende familie by te staan. Baie dankie."
Riebeek-Kasteel, Cape Winelands
Absolute Castillo"Riebeek Kasteel is 'n pragtige dorpie met 'n lekker rustige atmosfeer. Baie lekker restaurante."
"'n Pragtige dorpie en het ons heerlik by die Ole Tavern Restaurant geëet. "
"Dit is my geboortedorp en die plek het so baie goeie veranderinge. Dit is waarlik 'n pragtige dorp."
Riebeek-Kasteel, Cape Winelands
Moreson Manor"Baie oulike dorpie gaan definitief terug om meer tyd in en om die plekkie te spandeer."