Geverifieerde Resensie

Dinokeng

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dinokeng bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 432 resensies.

Dinokeng

Cullinan Diamond Lodge

"Ons het nie Dinokeng as toeristebestemming gebruik nie. Sal dit graag volgende keer wil doen. Slegs oornag-akkommodasie."

Dinokeng

Kohandè Glamping

"Dinokeng is letterlik op ons voorstoep! Dis nie nodig om 5 ure Wildtuin toe te ry om die bos-gevoel te kry nie. Ons geniet Dinokeng en gaan gereeld, al is dit net vir die dag."

Dinokeng

Nyani Lodge

"Mal oor Dinokeng! Groot 5 op jou voorstoep! Goeie waarde vir geld."

Dinokeng

Tshikwalo Lodge

"In die 3 dae wat ons baie rondgery het op die "self-drive" roetes het ons geen teken van die sogenaamde Groot 5 gesien nie. Die boksoorte, sebras en kameelperde is redelik volop."

Dinokeng

Isilwane Bush Camp

"Naby bosveld naweek wegbreek!"

Dinokeng

Katekile Escapes - No 39 Hunters Pride

"Lekker naby die stad. Wilsritte se pryse verskil vanaf R180 pp tot R300 pp. Bespreek vroegtydig."

Dinokeng

Marulani Bush Lodge

"Lekker vinnige wegbreek na-aan die stad."

Dinokeng

Abendruhe Lodge

"Vra rond om uit te vind waar die beste wild is want die is baie skaars in Dinokeng. In drie dae van baie rondry (Julie) het ons net bokke en 'n paar kameelperde gesien. Baie min voëls, feitlik geen klein soogdiere nie. Maar andersins is dit baie rustig en 'n lekker, maklik bereikbare wegbreek naby Pretoria en Johannesburg."

Dinokeng

Katekile Escapes - No 39 Hunters Pride

"Ons het heelwat boksoorte gesien. Ongelukkig net die spore van die olifante, maar was nie so gelukkig om renosters of enige van die katte in die Groot Vyf te sien nie."

Dinokeng

Adama Artistic Chalets & Teepees

"Lekker naby, lekker wegbreek."

Dinokeng

Thala Thala

"Altyd 'n wenner as jy net rustig en stil wil wees om die natuur te geniet."

Dinokeng

OuKlip Game Lodge

"Dinokeng is an amazing reserve with a lot of potential! We look forward to visiting again."

Dinokeng

Mooiplasie Bush Camp

"Lekker naby Pretoria, heerlike wegbreek vir 'n naweek!"

Dinokeng

OuKlip Game Lodge

"Pragtige wild wat goed versorg en beskerm word."

Dinokeng

De Kleine Serengeti Game Lodge

"Onthou die park conservation fee en self drive fees as jy in die park wil ry by jou self."

Dinokeng

Ngiri Safaris

"Need more organisation and internal communication."

Dinokeng

Katekile Escapes - No 39 Hunters Pride

"Dinokeng is 'n pragtige wildtuin met interessante bestemmings en kuierplekkies, maar inligting en kaarte is nie maklik om te kry nie. Ek dink dit kan baie werksgeleenthede skep as die wildtuin in geheel beter bestuur en bemark word."

Dinokeng

Ngiri Safaris

"Kan dalk net al die bottels en papiere wat mense so rond strooi optel. Mens betaal tog 'n bewarings fooi."

Dinokeng

Five Pebbles on Piece of Africa

"Bietjie meer advies rondom ligging van verskillende wild spesies met die self drive."

Dinokeng

De Kleine Serengeti Game Lodge

"Het nie al die Groot Vyf gesien nie, maar vir die moontlikheid is die ligging van Dinokeng baie gunstig."

Dinokeng

OuKlip Game Lodge

"Definitief die moeite werd en pragtige wêreld."

Dinokeng

Beka Idube

"Sal altyd soontoe gaan, dis so naby."

Dinokeng

Cullinan Diamond Lodge

"Beplan om binnekort daar 'n draai te gaan maak."

Dinokeng

Halfway There Game Lodge

"Ry en gaan kyk die bos, dis baie mooi en die diere is hier by die motor. Volg die kaart en jy kan baie stop plekke kry vir 'n koue drinkding."

Dinokeng

Marulani Bush Lodge

"Dinokeng het baie ontwikkelingsmoontlikhede. Dis 'n riem onder die hart om te weet daar is steeds mense wat die natuur wil bewaar. Dis net jammer van die openbare pad wat deurgaans verkeer deurlaat."

Dinokeng

Abendruhe Lodge

"Ongelooflike bestemming om wild te geniet en nog steeds naby die stad en lughawe te wees. Klomp restaurante in Dinokeng met variasie van lekker kos."

Blad
Blad 10 - Wys 271 tot 300

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang