Verified Reviews
Dinokeng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng
Rated 4.4 out of 5 based on 432 reviews.
"Dinokeng is an easy drive from Johannesburg and is a lovely park. It's true that the game is quite sparse but we still saw quite a few animals and some wonderful birdlife. We had a very relaxing and enjoyable day out on the self-drive route. For what you pay and the ease of access the park is good value for money and definitely a good place for a long weekend."
"Dinokeng is 'n natuurreservaat wat maklik bekombaar is vanaf Pretoria of Johannesburg. Die reservaat is groot en het baie paadjies en 'n groot verskeidenheid wilde diere. Ons het ongelukkig nie enige van die Groot Vyf gesien nie, maar dit was baie ruig. Dinokeng kan beter bemark word, aangesien ons glad nie geweet het wat om te verwag nie en hoe dit werk as jy eers daar aankom nie. Ons ken ook baie min mense wat al daar was, al bly ons in Pretoria en dis al vir 6 jaar oop. Die afsonderlike kampe word baie bemark maar nie die reservaat self nie. Die paaie is ook bietjie rof vir 'n gewone Sedan, maar verder was dit baie lekker."
"Kan jy glo dit is die eerste keer wat ek in Cullinan was en die dorpie is fantasties. Ek glo net Cullinan doen nie genoeg bemarking nie en dit sal baie hartseer wees as alles moet uitsterf - kyk net hoe het Parys begin blom. Cullinan julle moet plan maak."
"Cannot believe there is so much Wildlife to view, 1 hour away from Pretoria, a hidden gem."
"Dinokeng is a great small town that's perfect for a weekend away. We'll definitely be back! :)"
"Perfekte naweekwegbreek vir die stadsjapie. Die diens wat ons by die verskillende hekke en kantoortjie by Dinokeng ontvang het was baie vriendelik en behulpsaam."
"Baie lekker dorp om te gaan ontspan. Lekker eetplekke en klomp goed om mens mee besig te hou. Dis verseker 'n moet om te gaan besoek."
"Gaan besoek gerus Mystic Monkeys and Feathered Creatures Zoo. Dit is 'n wonderlike, skoon en netjiese privaat dieretuin met omtrent alle moontlike ape, voëls en wilde katte daar te sien."
"Interesting area - lots of history and obviously the underground tour of the Cullinan mine is a unique tourist attraction, as are all their little restaurants and gift shops leading to the mine entrance."
"Baie mooi, maar ek verstaan nie hoekom dit so baie kos om op jou eie deur die park te ry nie. Die park asem werklik heerlike wildtuin atmosfeer in. "
"Alhoewel ons nie veel diere gesien het nie, is Dinokeng werklik 'n lushof as toeristebestemming."
"Dinokeng is baie belowend. Sal dit baie graag weer wil besoek, maar dan sonder die gejuig en gejubel van ander gaste wat duidelik nie 'n bosveldervaring soek nie. Die self drive-kaart kort 'n opgradering - heelwat van die punte is nêrens op die kaart te siene nie. Mystic Monkeys 'n belewenis! Heerlik geëet by Ngata Lodge. "
"Beautiful location close to Jhb/Pta. The self-drive routes could be better marked at intersections, especially where the roads are unsuitable for sedans."
"Ons is vreeslik beïndruk met die model waarop Dinokeng werk. Ons is bang vir te veel rus kampe deur die groter Dinokeng gebied, maar dit was glad nie oorweldigend gewees nie. Dit het gevoel soos om deur die Wildtuin te ry, maar beter, want dis net hier by ons en nie so duur nie :)"
"Na 9 word alles opgerol - lekker stil kuierdorp met genoeg om te doen vir naweek."
"Not as many animals as in Pilansberg, but a very good weekend place for people from Gauteng."
"Dit is baie lekker om die Groot 5 so naby aan Johannesburg en Pretoria te hê. Daar is genoeg verblyfopsies om elke smaak en sak te pas. Ideale plek vir 'n naweekwegbreek in die bos."
"Dinokeng het nog baie min wild. Dit was bietjie teleurstellend. Ek glo die toekoms sal dit 'n treffer reservaat word. Ek het dit geniet om die relatief mak wild en voëllewe wat ons gesien het van nader te beskou, die voertuig af te skakel en my tyd saam met die wildsoort te spandeer. Ek is lief vir die natuur en wildslewe en dit was vir my lekker en ontspannend. Eintlike vraag: JA ek sal weer sommer op 'n afdag soontoe gaan JA."