Verified Reviews
Dinokeng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng
Rated 4.4 out of 5 based on 432 reviews.
"'n Regte weggesteekte skat so op JHB/Pretoria se voorstoep. Sal beslis weer soontoe gaan."
"Self-drive moet net beter aanwysings gee... ons het bietjie verdwaal, maar dankie tog vir die GPS wat ons weer by hek uitgebring het. Verder, baie lekker."
"Dinokeng is wonderful! The roads are well kept and the wild life is flourishing. It costs R250 plus the gate fee of R30 per day to be able to explore the off road routes, they could manage it all a bit better. "
"Dit is 'n heerlike bosveldomgewing wat sommer 'n klipgooi uit Pretoria is en een kan sommer vir 'n naweek wegbreek."
"Dinokeng baie mooi en lekker naby aan Jhb. Ons het op ons eie wildritte gegaan en dit was nie te wonderlik nie, het maar min diere gesien. Daar is baie heerlike restaurante in die area."
"Only one hour drive from our home and amazing bush holiday right on our door step, will be back soon. "
"Excellent place, great staff, neat and tidy. Chris is always friendly and helpfull. Will definitely come again. Love the improvements done since last year."
"Goeie wegbreek van die stad, beveel mense aan om te gaan as hulle "rus en stilte" kort. Was 'n voorreg om net te kon aftrek en in 'n "ander plaas" te kon in ry. Sal beslis weer gaan."
"Lieflike bestemming om die Groot 5 te sien. Ons het net-net die olifante gemis. Ons was net by hek uit Sondag toe Wilma 'n SMS stuur om te sê waar olifante gewaar is... well better luck next time!"
"Ons was gelukkig en het leeus en n jagluiperd op dieselfde dag gesien! Dit is soveel nader om die Groot 5 te sien en is net + - 65km van Pretoria af. Sal baie meer besoek! "
"Rustig en plek om net te chill. As jy verveeld raak is daar darem 'n Brewery en 'n pub naby."
"As jy nog nooit in die Wildtuin was nie, gaan kuier in Dinokeng. Dis regtig elke sent werd."
"Die een ding wat my wel gepla het, is dat Beka Idube buite die Dinokeng Natuurreservaat val. Ons voel dat ons bietjie om die bos gelei is omdat ons gedink het dat ons binne/naby die reservaat gaan tuisgaan. Dit val wel binne die 'Greater Dinokeng area" - wat eintlik nogal groot is. Ons is baie lief vir die Dinokeng Natuurreservaat en het spesifiek gesoek vir blyplek binne die reservaat; Beka IDube was amper 40 km via 'n grondpad na die Dinokeng Natuurreservaat se "self drive" area. Ons voel dat dit dalk meer promenent op die beskrywing behoort te wees."
"Ons het nie groot wild gesien nie, so ek dink daar is te min. 'n Mens ry ook nogal baie onder kragkabels, iets wat ek voor die tyd sou wou weet. "
"Was heerlik om self rond te ry en wild te gaan kyk en ons sal weer gaan! Goeie waarde vir geld! Het baie wild gesien, behalwe olifante, maar hopelik volgende keer. "
"Was baie droog agv van watertekort en droogte. Cullinan is 'n pragtige ou myndorp. "