Verified Reviews
Dinokeng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng
Rated 4.4 out of 5 based on 432 reviews.
"Die selfry permitte is effe duur wat 'n daguitstappie nogal duur kan maak, andersins is die geriewe en verblyf heel goed."
"Die diere in die reservaat is maar skaars, moenie die Kruger verwag as jy daar inry nie, maar die bos is mooi, glo met game drives sal meer gesien word."
"Dis baie gerieflik naby Pretoria vir vinnige wegbreek met genoeg wild om te besigtig."
"So naby Pretoria, maar wanneer jy by Dinokeng is kan jy afsluit van die stadslewe en weer een word met natuur."
"Dis 'n plek vir enige historikus wat nostalgie op die hart dra by ou plekkies van toeka se dae, vol karakter."
"Heerlike bestemming vir 'n naweek weg. Wonderlik om al die diere so naby aan die stad te kon sien. Wonderlike inisiatief!"
"Ongelukkig slegs bokke en zebras gesien. Geen van die Groot Vyf nie. Dit was sad, maar miskien volgende keer."
"Onthou om 'n selfry-permit te kry by die hek as julle beplan om die paadjies te ontdek. "
"Die plek ontwikkel nog, maar is glad nie sleg nie. Bietjie verwarrend vir die eerste keer besoeker aangesien dit nie heeltemal soos meeste ander parke bedryf word nie. So ver die selfbestuur wild kyk gaan, maak seker jy kry jou permit en kaart by die ingang (die kaart is wonderlik, jy gaan hom nodig hê) en betaal sommer jou natuurbewaringsfooi terselfdertyd. Die paaie is darem goed onderhou en aangedui op die kaart, jy gaan ure in die bos kan spandeer. Maar dis 'n baie lekker wegbreek as jy eers verstaan hoe dinge werk en die diere begin sien en die bos begin waardeer!"
"Die area is duidelik nog nie ten volle ontwikkel nie, maar het lieflike moontlikhede. Indringerplante lyk asof dit 'n probleem mag wees. Self drive word bemoeilik deurdat die kaart ongelukkig nie die ander plaaslike paaie ook aandui nie. Die kaart vir self drive is ook op plekke onakkuraat en nie heeltemal op datum met paaie wat verander is nie. Pragtige wild en voëls! Die huidige voëlskuiling het nie veel opgelewer nie, maar meer voëlskuilings kan dalk later opgerig word? Uitstekende konsep, fantastiese plek! "