Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Dinokeng

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dinokeng bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 527 resensies.

Dinokeng

Marulani Bush Lodge

"Heerlike bestemming vir 'n naweek weg. Wonderlik om al die diere so naby aan die stad te kon sien. Wonderlike inisiatief!"

Dinokeng

Sunset Bush Camp

"Ongelukkig slegs bokke en zebras gesien. Geen van die Groot Vyf nie. Dit was sad, maar miskien volgende keer."

Dinokeng

Thekwane Holiday House

"Sal beslis weer Dinokeng besoek."

Dinokeng

Chameleon Bush Lodge

"Baie lekker dankie!"

Dinokeng

Lookout Safari Lodge

"Onthou om 'n selfry-permit te kry by die hek as julle beplan om die paadjies te ontdek. "

Dinokeng

Sunset Bush Camp

"Dit was ‘n heerlike wegbreeknaweek. Ons sal beslis weer Dinokeng besoek."

Dinokeng

Elephant Waterhole

"Prys is nie sleg om toegang te kry nie en daar is baie wild om waar te neem."

Dinokeng

OuKlip Game Lodge

"Alles was mooi en pragtig groen na die lekker reën."

Dinokeng

Elephant Waterhole

"Die plek ontwikkel nog, maar is glad nie sleg nie. Bietjie verwarrend vir die eerste keer besoeker aangesien dit nie heeltemal soos meeste ander parke bedryf word nie. So ver die selfbestuur wild kyk gaan, maak seker jy kry jou permit en kaart by die ingang (die kaart is wonderlik, jy gaan hom nodig hê) en betaal sommer jou natuurbewaringsfooi terselfdertyd. Die paaie is darem goed onderhou en aangedui op die kaart, jy gaan ure in die bos kan spandeer. Maar dis 'n baie lekker wegbreek as jy eers verstaan hoe dinge werk en die diere begin sien en die bos begin waardeer!"

Dinokeng

Owl Spot

"Die area is duidelik nog nie ten volle ontwikkel nie, maar het lieflike moontlikhede. Indringerplante lyk asof dit 'n probleem mag wees. Self drive word bemoeilik deurdat die kaart ongelukkig nie die ander plaaslike paaie ook aandui nie. Die kaart vir self drive is ook op plekke onakkuraat en nie heeltemal op datum met paaie wat verander is nie. Pragtige wild en voëls! Die huidige voëlskuiling het nie veel opgelewer nie, maar meer voëlskuilings kan dalk later opgerig word? Uitstekende konsep, fantastiese plek! "

Dinokeng

Five Pebbles on Piece of Africa

"Mooi Bosveld-bestemming."

Dinokeng

Abendruhe Lodge

"Dinokeng is 'n geskikte reservaat vir 'n naweek wegbreek. Moet nie verwag om die Groot 5 aan te tref nie en moet ook nie enige plek ry as jy nie die geskikte voertuig het nie. Die klein plaas grondpaadjies kan plek-plek jou kar beskadig. Vir wildkyk gaan eerder Pilanesberg of Kruger toe - as jy net by jou kamp wil rus is Dinokeng die regte opsie."

Dinokeng

Roratau Tented Bush Camp

"Gaan beslis meer besoek."

Dinokeng

Ruah Park Camping & Outdoor

"Naby en baie bekostigbaar."

Dinokeng

Lion's Den Game Lodge

"Dankie, Aaron vir 'n great naweek, sien julle beslis weer."

Dinokeng

117 on Oak

"We enjoyed our stay very much. The town is small, but everyone is so friendly and welcoming! One bit of advice ─ visit Cullinan over the "Thursday to Sunday" period. We were there on a Monday and Tuesday and most of the tourist shops and restaurants were closed."

Dinokeng

OuKlip Game Lodge

"Dinokeng het regtig geldelike inisiatiewe nodig om te probeer om groter wild en meer katlewe in te kry, mens betaal dieselfde en soms meer as die Krugerwiltuin om te probeer om in die natuur te ontspan en nie so ver te ry daarvoor nie, maar dan is daar geen sig van leeus of cheetahs nie omdat die getalle verskriklik min is. Dit is bietjie teleurstellend want mens doen moeite en dit kos geld om so naweek weg te kom en dan sien jy net blaarvreters."

Dinokeng

Tranquillity Spa Lodge

"Pragtige deel van die land. 30 km vanaf Pretoria. Stop gerus ook in Cullinan op pad soontoe, pragtige deel in die dorpie gemik op toeriste met skagtoere en Zipline ry. Gaan soek vir die hekke na die Dinokeng Game Reserve. Hulle word aangedui as SDR “Self Drive Route” R80 per person vir conservation fund en R150 vir die kar. Daar is sekere roetes wat geskik is vir 4x4, maar die ander paaie kan deur ‘n gewone kar gery word alhoewel ek dink dis meer geskik vir SUV. "

Dinokeng

Ma Tala Tala Wildlife Reserve

"Het regtig nie geweet daar is soveel mooi plekke beskikbaar in Dinokeng nie - naby die huis en regtig die kort rit werd."

Dinokeng

Ruah Park Camping & Outdoor

"Baie gerieflik naby vir 'n naweekwegbreek uit Gauteng se gejaag."

Dinokeng

Elephant Waterhole

"Dinokeng is a real gem, super close to Pretoria. It's a wonderful spot that can be used as an amazing educational tour for kids, or just as a quick weekend getaway with the family. Lacked nothing. "

Dinokeng

Hayward's Game Lodge

"Love Dinokeng. Just could not find Elephant! "

Dinokeng

De Kleine Serengeti Game Lodge

"Ek dink Dinokeng is lekker naby geleë en het 'n groot verskeidenheid akkommodasie. "

Dinokeng

iKhaya LamaDube Game Lodge

"Lekker naby aan Pretoria, baie netjiese plekke vir akkommodasie."

Dinokeng

Elephant Waterhole

"A lovely little game reserve. It’s a great destination for people who live in Gauteng and are in need of a quick get away."

Dinokeng

De Kleine Serengeti Game Lodge

"I would think that all lodges in Dinokeng should be upgraded. Some of the facilities are very old. But other than that. A great experience."

Dinokeng

Owl Spot

"Hierdie is so naby aan die gewoel van die lewe, maar die natuurskoon bly altyd my gunsteling."

Blad
Blad 4 - Wys 91 tot 120
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem