Geverifieerde Resensie

Dinokeng

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dinokeng bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 432 resensies.

Dinokeng

OuKlip Game Lodge

"Die Groot Vyf bemarking is bietjie oordrewe!"

Dinokeng

Roratau Tented Bush Camp

"Uitstekend veral as 'n mens vir 'n kort tydjie (soos 'n naweek) wil wegbreek, maar nie te vêr wil ry nie. Baie om te sien en te doen."

Dinokeng

OuKlip Game Lodge

"Dis die mooiste mooi."

Dinokeng

Marulani Bush Lodge

"Dinokeng Game Reserve is amazing and still growing! Lots of wildlife to see there and its so close to Pretoria!"

Dinokeng

OuKlip Game Lodge

"Gaste moet dalk ingelig word van die reservaat toelaag wat betaalbaar is op uitgang."

Dinokeng

Elwanu

"Best safari destination close to the city."

Dinokeng

Sunset Bush Camp

"Lekker naby aan Gauteng. Kan dalk belê in meer wild en groot 5 diere. "

Dinokeng

Ma Tala Tala Wildlife Reserve

"Baie mooi omgewing en van wat ek gesien het is die plekke almal omhein vir beveiliging."

Dinokeng

Roratau Tented Bush Camp

"Baie mooi en baie wild gesien."

Dinokeng

iKhaya LamaDube Game Lodge

"Die enigste ding wat die eenheid gekort het was 'n staan-/plafonwaaier of 'n lugverkoeler. Gedurende die nag was dit vreeslik warm in die eenheid."

Dinokeng

OuKlip Game Lodge

"Dit is ongelooflik om te dink hierdie stukkie hemel lê 'n uur weg van Pretoria. Dis soos om 'n smakie van die Kruger op jou voorstoep te hê. Die reservaat was skoon en vry van besoedeling van wat ons kon sien. Daar is meer as genoeg ander diere om te sien indien jy nie so gelukkig is om die Groot 5 te kan sien nie. Die "self drive" paaie wat mens ry om die wild te sien is in baie goeie toestand en enige gewone kar kan met gemak deur die hele reservaat ry. Ons was baie in ons skik met Dinokeng en sal beslis weer vir n nw daar gaan draai maak of net een oggend oor 'n naweek vroeg deurry en die dag daar gaan spandeer."

Dinokeng

De Kleine Serengeti Game Lodge

"Wye verskeidenheid dierelewe wat ongeërg wei langs die pad of voor jou venster. Natuurskone uitsigte so ver as wat jy kan sien."

Dinokeng

Elwanu

"A little pricey, but do visit the local Spar, freshest produce and their bakery is fully stocked with thee most yummiest cakes and treats. The local hot spot "street" in Cullinan is also overrated - exorbitant prices for "other peoples junk" - art is in the eyes of the beholder."

Dinokeng

Foreva Wild

"Naby Gauteng vir 'n vinnige wegbreek. Diere goeie kondisie."

Dinokeng

Ngiri Safaris

"Asemrowend mooi! Hou aan met julle goeie werk!"

Dinokeng

Marulani Bush Lodge

"Die persoon by die Tau kantoor waar die bewaringsfooi betaal word wou nie vir ons 'n kwitansie uitreik nie. Hulle voel dit is onnodig. Dit skep egter 'n vraag by my. Word al die geld wat betaal word wel vir bewaring aangewend?"

Dinokeng

Foreva Wild

"Amazing!"

Dinokeng

Sunset Bush Camp

"Dinokeng se roetes is nie baie mooi en verstaanbaar gemerk nie. Die kaart van Dinokeng lees ook nie baie maklik nie. Die paaie is nie baie goed gemerk nie. Die personeel by die hek waar ons die ingangstarief en bewaringsfooi moes betaal is nie goed opgelei nie. Daar kort nog heelwat opgradering in die park sou ek sê."

Dinokeng

Ngiri Safaris

"Uitstekende wegbreek met Groot Vyf, baie naby aan Johannesburg."

Dinokeng

Tshikwalo Lodge

"Ons het nie een van die Groot 5 gesien nie, maar sal wel weer gaan."

Dinokeng

De Kleine Serengeti Game Lodge

"Pragtige diere waarvoor jy nie hoef te gaan soek nie. Hier het ek meer diere gesien as wat ek al ooit in die Krugerpark gesien het."

Dinokeng

Roaring Sky Bush Lodge & Safari Camp

"Paaie maar bietjie moeilik met 'n stadskarretjie."

Dinokeng

Ngiri Safaris

"Can't wait to go back. "

Dinokeng

De Kleine Serengeti Game Lodge

"The reserve is a beautiful place. I wish guests staying over could be given a special pass because we asked to pay R80 when we went to the shops and told that we have to pay the same amount the following day. My partner negotiated with them and we were given a letter to produce the following day."

Dinokeng

Thala Thala

"Peaceful."

Dinokeng

Marulani Bush Lodge

"Dinokeng is 'n pragtige reservaat wat nie die blootstelling daar buite kry wat dit eintlik verdien nie. Maar dan, dis 'n juweel van 'n plek wat jy nie met iemand wil deel nie (tong in die kies en met 'n oog-knip)."

Dinokeng

OuKlip Game Lodge

"Paaie baie sleg, maar verder baie lekker in die natuur."

Dinokeng

Roaring Sky Bush Lodge & Safari Camp

"Ons was die Sondag in Dinokeng en het 'n selfrypas bekom teen 'n baie billike prys. Ons het baie wild te sien gekry, selfs die leeus. Die kaart is verstaanbaar en die paadjies mooi genommer en uitgewys. Daar is 'n paar plekke waar ons bietjie verdwaal het omdat 'n padaanwyser gedraai was, maar ons het gou weer ons pad gevind by die volgende padaanwyser."

Blad
Blad 9 - Wys 241 tot 270

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang