Verified Reviews
Drakensberg, South Africa
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Drakensberg, South Africa
Rated 4.6 out of 5 based on 4382 reviews.
Champagne Valley, Drakensberg, South Africa
Berghaven Cottages"Skitterende omgewing met verskillende dinge om te doen."
Rosetta, Drakensberg, South Africa
Glen Ormond Guest House"Sentraal, binne bereik van Gauteng en omring met 'n groot verskeidenheid besienswaardighede."
Bergville, Drakensberg, South Africa
Dumbe Cottages"Die area is pragtig, die dorpie self het nie regtig bekoor nie."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Fairview Cottages"Dit is n pragtige en rustige dorp met voldoende aktiwiteite. Selfs vir die jonger geslag, wat ons aan enigiemand kan aanbeveel."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Zwartmodder"Clarens is 'n rustige dorpie met pragtige berge reg rondom. Winkels en eetplekke maak baie vroeg toe. Daar is baie aktiwiteite in die omgewing om aan deel te neem."
Kokstad, Drakensberg, South Africa
Fraaiuitsig Bed and Breakfast"Ek was verbaas oor Kokstad - oral waar ons beweeg het was dit netjies en daar is moderne winkels en geriewe. Ek sal beslis weer die plek besoek."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Die Kruik"Nie 'n kunskenner nie en daarom was 4 dae genoeg om alles te ervaar. Die berge is 'n belewenis! "
Clarens, Drakensberg, South Africa
Knock Out View"Clarens is 'n goeie sentrale punt om baie van die Oos-Vrystaat te sien. Dit is regtig 'n baie mooi omgewing en natuurskoon. Die mense is vriendelik alhoewel ek dink dat Clarens baie meer potesiaal het as wat die sakegemeenskap daarvan maak. Ons geniet dit om Clarens te besoek."
Fouriesburg, Drakensberg, South Africa
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Naby Lesotho. Mooi om te kombineer. "
Fouriesburg, Drakensberg, South Africa
Oranje Guest Farm"Pragtige omgewing. Sal graag meer wil verken. "
Clarens, Drakensberg, South Africa
Cottage Pie"Ons het Clarens in Desember 2016 besoek en die omgewing was lieflik groen en beeldskoon. Dis 'n absolute moet vir natuurliefhebbers. Die dorpie bied ongelukkig nie 'n groot verskeidenheid winkels wat kruideniersware verkoop nie, so bring maar saam wat jy nodig het (veral oor die piek Desember tydperk). 'n Besoek aan die Golden Gate Nasionale Park is natuurlik ook 'n moet as 'n mens 'n paar dae in Clarens is. "
Clarens, Drakensberg, South Africa
Accommodation @ The Spa"Clarens is 'n pragtige plekkie, was heerlik om al die winkeltjies en eetplekke te besoek en net die skoonheid te bewonder. Die diens in meeste van die restaurante is iets wat kan verbeter, maar andersins was dit baie aangenaam. Sal vir seker weer gaan vir 'n wegbreek tydjie."
Rhodes, Drakensberg, South Africa
Swallows Nest Chalet"Interessante dorpie, hoewel ietwat verwaarloos. Mooi natuurskoon."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Clarens Retreat"Clarens is vir ons 'n pragtige skilderagtig dorpie en dit vreeslik geniet en ons beplan om die toekoms weer 'n draai te gaan maak. Het die winkels en restaurante baie geniet en hope foto's geneem. Dit is baie skoon en vriendelike dorp."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Francisco Guesthouse & Villa Clarens"Clarens was nie hoofrede vir besoek nie, ons is natuurmense en kon nie plek kry by Golden Gate nie so het bedags soontoe gery."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Upper House Boutique Guesthouse"Iets vir almal en alle ouderdomme - van 6 tot 60! Van kuns en kultuur tot stap en 'white water rafting' wat ek op die flukse ouderdom van 50+ vir die eerste keer aangedurf het (gevolg na 'n dag in die spa uit die aard van die saak)."
Rosetta, Drakensberg, South Africa
Riverside Manor"I really enjoyed the wine shop just next to Riverside Manor with their different kind of cheese and divine smell of coffee. The Ugly Duckling shop had so much to to offer that I couldn't decide what to buy. It is the best place to visit."
Bergville, Drakensberg, South Africa
ATKV Drakensville"Die omgewing self is pragtig, maar die dorpie laat veel na wens oor. Dit voel soos 'n derderangse dorp en het ons baie aan Zanzibar laat dink."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Fairview Cottages"Clarens is asemrowend - vriendelike mense en so baie om te sien en ervaar."
Estcourt, Drakensberg, South Africa
Slievyre Game Farm"Escourt-omgewing het baie mooi plekke om te sien. Die Drakensberge is naby en daar is baie om te doen. "
Fouriesburg, Drakensberg, South Africa
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"'n Mens benodig 'n 4x4 om meeste van die besienswaardighede te besoek. Miskien sal ons volgende keer so 'n roete beplan. Ek het heerlik appelkose en perskes gepluk en so van die boom af geëet. Dit was so 'n genotvolle ervaring."
Underberg, Drakensberg, South Africa
Valley View Cottage"Die omliggende melkplase en mooi uitsigte oor die Drakensberge gee Underberg 'n rustige atmosfeer. Die dorpie het 'n mooi groot SPAR-winkelsentrum met alles wat jy nodig het. Die paaie het wel 'n paar slaggate, maar die natuurskoon maak op daarvoor. Underberg is net 'n klipgooi weg van Himeville, met 'n museum en ander besienswaardighede."
Clocolan, Drakensberg, South Africa
Ben Nevis Guestfarm"Die dorp se mense is nie uiters vriendelik nie en die dorp is verwaarloos. Die omliggende gebiede is baie mooi en histories baie ryk."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Titanic View - Place of Peace"Clarens bied soveel meer as wat 'n mens kan dink."
Fouriesburg, Drakensberg, South Africa
Uitzicht Private Nature Reserve and Game Lodge"Rustige Vrystaatse dorpie."