Verified Reviews
Drakensberg, South Africa
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Drakensberg, South Africa
Rated 4.6 out of 5 based on 4382 reviews.
Clarens, Drakensberg, South Africa
De Ark Mountain Lodge"Die dorpie as sulks is 'n kunstenaar se droom, maar die winkeltjies is net baie duur aangesien dit uitsluitlik op toerisme gemik is. Die omgewing spreek God se almag. Hierdie is 'n plek waar ek sal kan bly. "
Clarens, Drakensberg, South Africa
Rooikat Cottage"Dis net lekker om daar te kuier, of jy gaan om te rus, te stap, om inkopies doen, te eet of koffie te drink.....wat ook al, dis lekkerrrrr!"
Mooi River, Drakensberg, South Africa
Sycamore Avenue Treehouses & Cottages Accommodation"Goed geleë tussen baie wegbreekmoontlikhede soos wildtuine, berge en see."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Talking Trees Self-Catering House"Clarens is bekoorlik tussen die berge... baie om te doen om te ontspan!"
Clarens, Drakensberg, South Africa
Lake Clarens Guest House"As jy dol is oor spitsverkeer in die middae, die rumoer van motoriste wat gegrief op hulle toeters lê, beswaarde uitdrukkings afgeëts op hul gelaat, en indien die monotoniese geloei van sirenes soos musiek in jou ore is en die nimmereindigende gedreun van motors vir jou emosionele voedingswaarde bied; en indien die pastorale vreedsaamheid van ’n landelike omgewing die vrede in jou gemoed ondermyn, en indien die geruis van die wind in die blare, en die potpourri van afwisselende plaasdiergeluide jou ontstel … moet jy liewers nie na Clarens kom nie. Indien die teendeel wel die geval is … verstaan ek nie waarvoor jy wag nie. Hierdie tyd van die jaar is Clarens die toonbeeld van die idilliese omgewing – sowel die dorp self as die omgewing. Ek hunker reeds daarna om terug te keer."
Clocolan, Drakensberg, South Africa
Vlakbult Guest Farm"Baie mooi omgewing. Het kersiefees besoek en het die sjokoladefabriek baie interessant gevind. Het ook treingery by Sandstone Estates. Kersie Padstal-middagete geniet. "
Fouriesburg, Drakensberg, South Africa
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Een van die pragtigste omgewings in die land."
Fouriesburg, Drakensberg, South Africa
Wegkomkans B&B"Fouriesburg het, soos talle ander Vrystaatse dorpies, 'n outydse sjarme waar die mense mekaar ken en ondersteun. Dit is baie rustiger om in Fouriesburg oor te bly as in Clarens."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Cottage Pie"Clarens laat my voel of ek op 'n ander kontinent is, ontspan van dag een af."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Jovali"Clarens is 'n mooi toeristebesteming. Dit is 'n besige dorp oor naweke, maar nie te bedruk nie."
Clarens, Drakensberg, South Africa
La Bri"Would imagine a decent supermarket close by. Would be a boon (e.g. Checkers, Spar etc.)."
Rhodes, Drakensberg, South Africa
Amanzi Empilo Bungalow"'n Moet... Dit is vir enigiemand met 'n voertuig wat die grondpad kan aandurf! Nie noodwendig 4x4 nie. "
Clarens, Drakensberg, South Africa
V'Kansi Khaya"Heerlike ontspanning en diversiteit in die dorp. Omgewing is natuurlik beeldskoon!"
Clarens, Drakensberg, South Africa
Domaine Sérénité"Besoek gerus die Highlander Espresso bar vir uitstekende koffie!"
Clarens, Drakensberg, South Africa
Knock Out View"Dit was wonderlik om in so 'n skoon dorp met sy eie unieke karakter te kuier. Die afwesigheid van die winkels wat orals anders te siene is - die franchises en kettingwinkels - was verfrissend en sorg vir 'n groot deel van die dorp se uniekheid. Die natuurskoon is natuurlik 'n groot pluspunt! Die vriendelikheid van die mense was ook opvallend."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Jovali"Clarens is 'n oulike toeristebestemming en die feit dat jy op een plek kan parkeer en orals heen kan stap is 'n bonus. Daar is interessante winkeltjies, maar van die items is nogal duur. "
Clarens, Drakensberg, South Africa
Rooiland"Dit is 'n baie mooi omgewing en ook baie interessant met al die kunswinkeltjies en eetplekke. Baie beïndruk met die mooi landskap en berge."
Clarens, Drakensberg, South Africa
The Nelsbells Cottage"Sal definitief weer in Clarens 'n draai maak."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Red Mountain House"Vriendelike mense, lekker eetplekke en baie kuns. Lekker naby Golden Gate wat waarlik 'n belewenis is om deur te ry. En moenie vergeet om die twee draaie te ry en die diere wat in groot troppe daar in die berge bly te bewonder nie."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Highland Quarters"Enige toeris moet Clarens ten minste een maal beleef en deur die Golden Gate Nasionale Park reis"
Clarens, Drakensberg, South Africa
Zwartmodder"Interessant en nie die gewone nie. Eetplekke is voortreflik."
Clarens, Drakensberg, South Africa
RiverWalk Guest House"Winkels maak al 16h00 toe. Te vroeg vir n Vrydagmiddag!"
Fouriesburg, Drakensberg, South Africa
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Pragtige omgewing."