Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6503 reviews.
"By goeie plek om te besoek, geskiedenis, ou geboue en mooi kerk gebou."
"Ek is mal oor Graaff-Reinet. Ek wil nog 'n paar dae daar spandeer en nie net oorslaap nie. Pragtige plek."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Little Sister's Accommodation"Dis 'n mooi omgewing met baie te sien en doen en al die mense was baie vriendelik!"
"Port Alfred is skoon en netjies met ;n paar strande. Die kanale is indrukwekkend."
"Die besoek aan die uitkykpunt by die Vallei van Verlatenheid is 'n sekere moet om te besoek. Heelwat historiese plekke soos onder andere museums is die moeite werd. Dit neem jou ver terug in tyd!"
"Cradock het soveel potensiaal vir die toeristebedryf. Toeriste-inligting is vrylik bekombaar. Dis 'n vriendelike dorp."
"Lovely town to visit with history that we were always wanting to visit, but postponed. Definitely will brag about the town with all the photos I have taken."
"Wonderlike rustige dorpie met vriendelike mense en vol interessante stories. Ons het dit baie geniet."
"Baie ou geboue om te waardeer. Net jammer dat die dorpspaaie in so ’n haaglike toestand is en dat die vragmotors voor die kerk parkeer wat dit onmoontlik maak om enige foto's te neem. Die Victoria Hotel gee uitstekende kos, wat ’n driegang-maaltyd behels met wonderlike 3 soorte goeie voorbereide vleisstukke en groente."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
The Bay Inn"Baie swak, lelike, leegstaande geboue. Baie eetplekke is toe of op veiling. Die stad is besig om agteruit te gaan."
"'n Pragtige dorp met die mooiste kerk en beste hotel wat ek in 'n lang tyd by gebly het. Dit is dus die ideale hotel vir enige funksie."
"Graaff-Reinet het die pragtigste huise en argitektuur. Die strate is mooi skoon en ek sal graag weer wil kom kuier. Ongelukkig was die Drostdy Hotel nie toeganklik nie a.g.v 'n troue. Ek sou graag die hotel wou besoek."
"Graaff-Reinet was nog deur die jare 'n unieke plek om te besoek. Weens besondere familiebande het ons 'n lang verbintenis met dié dorp en verdiep ons ons gereeld in die geskiedenis en stories van die omgewing. Ongelukkig laat verval in bestuur van die dorp diep en sigbare spore, wat vererger word deur die armoede en bevolkingsdruk wat so 'n deel van ons samelewing is. Terwyl dele van die dorp skoon en aantreklik is, is byvoorbeeld die "bergpad" – steeds 'n wonderlike plek vir stap en draf – se ingang van die dam se kant so vuil dat dit afbreuk doen aan die natuur wat die besoeker wil geniet."
"Baie beïndruk met hoe mooi skoon die dorp is en die vriendelikheid van almal: van die petroljoggie wat moes help dooie sprinkane afwas tot die personeel in die keurige kafeetjie! Baie vriendelike en ooglopend gelukkige kindertjies oral."
"Nieu-Bethesda is bekend vir die Uilhuis, maar daar is soveel meer om te doen, maar mens hoef nie elke dag rond te hardloop nie. Dis ook 'n baie lekker lê-en-rus-dorpie. Die mense is vriendelik en behulpsaam. Sou jy iets nodig kry wat jy nie by die plaaslike winkeltjie kan kry nie, is die rit Graaff-Reinet toe 'n baie lekker een."