Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6479 reviews.
"Daar is heelwat om te doen en te sien op Nieu-Bethesda en mens het meer as een dag nodig om alles in te neem. Ek beveel die bestemming vir baie mense aan om te gaan ervaar en ontdek."
"Cradock has some lovely historical sites to visit; very close to Mountain Zebra National Park!"
"Great place to have a holiday. It offers many things to do and the restaurants are very good."
"Have and will always love Gonubie. Will never stay anywhere else when we come to East London."
"As mens oor 'n naweek in Aberdeen oornag kan eetplekkies 'n probleem wees aangesien alles toe was. Gelukkig het ons heerlike vleis gekry om te braai by die klein kafeetjie en op die einde 'n feesmaal geniet. 'n Mens moet net voorbereid kom wat kos aanbetref. Ons sal weer daar oornag."
"Lady Grey is 'n pragtige dorpie met baie karakter. Dis baie stil en rustig en die berge wat dit omring verseker 'n mooi uitsig van alle kante af."
"Lieflike plek wat ver bo my verwagtinge was. Definitief aan te beveel vir 'n vakansie. Die mense is vriendelik en behulpsaam. Goeie inkopiesentrums en ander besienswaardighede. Lieflike omgewing."
"Saans moet 'n mens maar versigtig wees in die omgewing. Bedags geen probleem en binne loopafstand van strande, Bayworld en stadmuseums. "
"Most of the museums are extremely well kept and should be of interest to most tourists interested in history."
"As jy weg wil kom van die besige lewe af en ontsnap na stilte en natuur, besoek gerus vir Rhodes."
"Klein dorpie met 'n rustige atmosfeer. Jy gaan soontoe om van die stad af weg te kom. "
"Pragtige dorp. Ons het vir die eerste keer in jare die Vallei van Verlatenheid uitkykpunt besoek - altyd die moeite werd."
"Gemaklike oornagplek as mens vêr moet reis. Nie rerig 'n toeristebestemming nie, maar gerieflik geleë, amper halfpad na enige bestemming."