Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6479 resensies.
"Besienswaardighede word nie meer in stand gehou nie. Die dorp is vuil en verwaarloos. Die park agter die kerk vol leë bottels en papiere. Hartseer om te sien hoe die dorpie sy karakter verloor het."
"Die paai is baie sleg. Winkels kan miskien oor Kerstyd en Nuwejaar oopmaak en/of langer oop bly."
"Sunland se ligging is goed - lekker naby aan Addo, en nie te ver uit roete na Oos-Kaapse kus nie."
"Pragtige dorp. Geskiedkundige plekke, wildreservate naby, pragtige natuurskoon. Beslis moeite werd om spesiaal te besoek."
"Graaff-Reinet is 'n spogdorp met 'n ryk geskiedenis en bied meer as 'n mooi kerk! Natuur is pragtig van die wildsplase tot by die Vallei van Verlatenheid. Pragtige antieke- en snuisterywinkels in die dorp en besondere eetplekkies."
"Dit was die eerste keer wat ek Nahoon besoek het en ek was beïndruk met die ligging. Ons het verskeie plekke besoek tydens ons vakansie daar en al ons bestemmings was binne 10 min. se ry van ons af. Die strand is lieflik en maatreëls word streng toegepas. Wat 'n fees om Nuwejaarsdag daar te kon spandeer sonder enige moeilikheidmakers of besope vakansiegangers. Dit is daarom ideaal vir gesinne."
"Sal volgende keer graag 'n bietjie langer bly - Graaff-Reinet is nie net 'n oornagdorpie nie - dit bied baie meer."
"We stayed for two days but could have stayed a few days more, a very restful and peaceful place with a surprising amount of things to do and keep the kids busy."
"Wat 'n pragtige plek om oor te bly. As jy jouself wil rustig maak voor die vakansie in volle gang begin kan jy dit gerus in Nieu-Bethesda doen. Die pizza wat jy daar kry is die beste in die land!"
Makhanda (Grahamstad), Oos-Kaap
Colonel Graham Guesthouse"Hulle sal moet spesifieke geleenthede skep vir toeriste."
"As jy in een van die gastehuise teen die rivier bly, moontlik, maar andersins is daar bitter min om te doen behalwe om Addo toe te gaan as jy nie visvang of op die rivier in 'n bootjie rondjaag nie."
"Oesterbaai is afgesonder en kan net met 'n grondpad bereik word. Dit maak dit so 'n rustige, ongerepte plek by die see. Die pragtigste strand en vriendelike inwoners. Ons hoop regtig dat daar nie groot ontwikkelinge plaasvind nie, want dan gaan die rustigheid verlore. As jy wil rus is Oesterbaai die plek."
"Ons het dit net as 'n oornag fasiliteit gebruik en was heeltemal tevrede daarmee. Dis 'n rustige ou dorpie en die ou geboue en robot wat nog werk, vertel 'n verhaal van toeka se dae."
"Die dorp se strate is skoon. Die strand is skoon, maar iets moet gedoen word oor die gebreekte glas en bottels op die rotse!"