Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6503 resensies.
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Aloe Manna Self Catering Guest House"Summerstrand is ons geliefkoosde voorstad om te bly met vakansie. Kan lekker langs die see gaan stap."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Alcyone"Ons het meestal net in Summerstrand gebly. Die deel teen die see is veilig, skoon en netjies. Ek het soggens alleen daar gestap en het nooit onveilig gevoel. Hartseer dat die stad in sulke waternood moet oorleef. Het gewonder of ontsouting van oseaan water soos in Kaapstad moontlik verligting kan bied."
"Lieflike dorp. Besoek gerus Ibis Lounge, probeer die Karoo experience op die spyskaart. "
"Die dorpie kan heelwat meer doen om toeriste bewus te maak van die ongelooflike natuurskoon en moontlikhede in die omgewing."
"Paar pragtige huise, dwars strate is vol slaggate soos meeste klein dorpies."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Oppie Vallei"Alles is naby. Lieflike strande en min verkeer. Goeie winkels, restaurante en natuurskoon."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
The Palace Guest House"Vriendelike stad met vriendelike, gawe mense."
"Inwoners is baie trots op hulle dorp en staan saam om paaie te herstel en dorp netjies en skoon te hou."
"Die Royal Hotel vir drankies en etes. Dit is 'n aangename dorpie met mooi geboue en huise. Alles is loopafstand."
"Jongmense wat surf geniet die omgewing en daar is genoeg vir hulle om hulself mee te vermaak. Die eetplekke is genoeg en billik geprys. Die paaie gaan agteruit, maar oral is mense besig om hul huise te verbeter en diens is vinnig en die mense is vriendelik."
Makhanda (Grahamstad), Oos-Kaap
African Safari Lodge"Nee, sal niks verkeerd kan sê nie, behalwe dat hul moet begin aandag gee aan hulle paaie, en ordentlike garages langs N2 daar, soos Engen of 'n Shell, verder bly dit soos ek daar groot geword het."
"Die dorpie het 'n unieke bekoring en beslis 'n plek waar mens dinge verskillend ervaar. 'n Besliste plek op jou wenslys. Daar is iets vir almal."