Resensies van Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.31 uit 5 gekry volgens 2707 resensies.
Marisa L. - 15th July 2016
staying in Vincent Heights, Oos-Kaap
Mooi plek en naby alle winkels.
Marnus S. - 14th July 2016
staying in Middelburg, Oos-Kaap
Ek het as kind baie op Middelburg gekom en kan sien dat daar baie goeie ontwikkeking op die dorp plaasgevind het sedertdien. Pragtige skoon dorp met baie goeie geriewe.
Helena M. - 13th July 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Die besoek aan die Uilhuis is verseker die moeite werd. Dis jammer dat daar nie meer aandenkings (behalwe vir die uile) te koop aangebied word nie.
Elsie J. - 13th July 2016
staying in Joubertina, Oos-Kaap
If you buy everything at home before going there that is fine, but you can't really buy stuff there. Not really shops to see, you need to travel to Humansdorp to the shops. I't is a farm area, just the minimum. But further great.
Marianna L. - 12th July 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Die Kamdeboo Park was 'n belewenis!
Waldo K. - 11th July 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Beslis 'n besoek werd. Gaan kyk na die Uilhuis, drink 'n bier by die Sneeuberg brouery.
Ingrid W. - 11th July 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Geskiedkundig baie interessant.
Heidi O. - 11th July 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Ons sal graag weer hier aangaan. Dis 'n ompad, maar ons hou van "off the beaten track". Enigste probleem: mens moet voor 16:00 by restaurant bespreek, wat in so 'n klein dorp eintlik te verstane is!
Dolly V. - 11th July 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Die mooiste historiese dorpie met pragtige huise. Wens ek kon een van die huise oplaai en huistoe bring!
Heidi S. - 11th July 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Iets wat mens moet beleef.
Casper R. - 11th July 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Mooi dorpie.
Renee V. - 10th July 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Baie oulike dorp. Die Vallei van Verlatenheid is beslis die moeite werd om te gaan kyk.
Pieter V. - 9th July 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Historiese waarde en Camdebo net so spesiaal, wens ons het meer tyd gehad!
Eugene G. - 9th July 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Graaff-Reinet is 'n wonderlike omgewing.
Tania K. - 8th July 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Graaff-Reinet is pragtig en 'n lieflike, rustige dorpie!
Annastien E. - 7th July 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
'n Netjiese Karoo-dorp met baie besienswaardighede en baie mooi omgewing.
Verie D. - 6th July 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Rhodes moet deel vorm van elkeen se bucketlist! Rubicon se restuarant en gasvryheid, toeka restaurant en craft beer is 'n moet vir almal! Definitief weer deel wees van ons vakansieplanne!
Hendrik En Nella L. - 5th July 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ons as gesin is mal oor Grafies. Dit is lekker om daar te oornag, baie om te sien en doen. Die dal van verlatenheid is onbeskryflik mooi. Die imposante kerk is 'n duisend foto's werd. Ons hele gesin het al vanuit alle oorde daar oornag [by Betty's] om ons dogter se 50ste verjaarsdag te vier. Lekker familie kuier!
Hentie R. - 5th July 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp in 'n ewe pragtige omgewing. Die dorp is ryk aan geskiedenis en kultuur. Lekker plek om te kuier. Ons was bietjie Uilhuis toe. Ook 'n lekker uitstappie. En natuurlik die natuurreservaat. Mens kan maar vir langer as een dag gaan!
Ilze B. - 1st July 2016
staying in Hogsback, Oos-Kaap
Asemrowend.
Gerald D. - 1st July 2016
staying in Greenacres, Oos-Kaap
Because of its location close to the stadium, family and bigger groups need bigger rooms.
Stefan M. - 30th June 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Baie klein, maar baie spesiaal en heeltemal iets anders.
Erika K. - 30th June 2016
staying in Loerie, Oos-Kaap
Loerie is 'n klein dorpie en vol vriendelike mense. Daar is 'n pragtige kerk en die Bravo koffiewinkel is 'n moet, want dit voel soos huis. Jy gaan om lekker te gesels met Alet en om haar voortreflike kos te geniet en "crafts". Moenie net beplan vir vinnige koffie nie. As jy wil haastig wees gaan terug stad toe. Wou graag by die Loerie dam gaan rondkyk het, maar tyd het ons gevang omdat ek so lekker kon slaap. Die area het groot potensiaal, weet die nartjiefees is daar in Oktober. 'n Goeie tyd om weer daar te gaan inloer.
Machelle Z. - 30th June 2016
staying in Perridgevale, Oos-Kaap
Good value for money.
Izelle S. - 28th June 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Polka Restaurant is tops!
Rene M. - 27th June 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Sal graag weer die dorpie wil besoek! Dit was 'n ervaring gewees om in die klein kroegie te sit en rugby te kyk en 'n vuurtjie te stook saam die locals van die dorp! Hartsmense gewees!
Rene M. - 27th June 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Stunning plekkie.
Joanne S. - 25th June 2016
staying in Dordrecht, Oos-Kaap
Ons het die museum besoek en het gevind die inhoud en inligting is goed uitgestal. Indien jy belangstel in die boere oorlog en familie verbintenis het met die kontrei is dit jou bestemming. Die munisipaliteit was behulpsaam deur my agter-ouma se graf op te spoor.
Adele C. - 23rd June 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Die mense is baie vriendlik en behulpsaam. Ons het in die winter gaan kuier, maar ek dink die somer sal die beste tyd wees. Daar was 'n paar families van die Wes Rand in Johannesburg, wat 'n huis in Rhodes gehuur het vir 'n paar dae. Hulle sê die kinders geniet dit daar. Die dame by Walkabouts was so gesellig en vriendelik. Hulle pizza is yummy!
Frans L. - 23rd June 2016
staying in Humewood, Oos-Kaap
Sentraal geleë naby see en naby alles.
Dewald D. - 22nd June 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Sentraal en stil! Fantasties om weg te breek!
Russell W. - 17th June 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
The owl house is all they focus on, which is the most depressing place in the Karoo, they really need to try focus on other elements. HIKING, WALKING, THE KOMPASS BERG/ FOOD and WINE.
Mathys D. - 15th June 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Meer mense moet die dorpie besoek.
Neels R. - 14th June 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Interessante bestemming.
Neels R. - 14th June 2016
staying in Lady Grey, Oos-Kaap
Baie te leer en sien. Baie geskiedenis en interessante geboue. Gawe mense.
Lynette P. - 9th June 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Rhodes is a quaint historical town in a beautiful setting. It is just a bit sad that there are several houses for sale and some look quite run down. The residents seem to be trying to make improvements as they have developed a lovely park area and I would hope that others would catch their vision. One of those must see places.
Riaan V. - 8th June 2016
staying in Bunckersheuwel, Oos-Kaap
Bunckersheuwel is naby die golfbaan, winkelsentrum in die nabygeleë Vincent area asook Nahoonstrand met sy uitgestrekte strand en oulike koffiewinkeltjies, wat maak dat 'n mens nie ver hoef te ry om by 'n vorm van afleiding te kan uitkom nie. Dit is ook 'n rustige en skoon deel van die stad wat meer 'n plattelandse gevoel gee as jy daar is.
Carel J J. - 6th June 2016
staying in Lady Grey, Oos-Kaap
Gasvrye mense en plat op die aarde.
Ronel N. - 3rd June 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Sal graag volgende keer langer wil vertoef.
Marilyn P. - 3rd June 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
A beautiful, friendly and clean town with much to offer.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za