Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6634 reviews.
"Die dorp self is skoon en netjies. Mal oor die geskiedenis van die dorp, ou geboue en daar was 'n "live jazz show" die Saterdag-aand, wow, die klein plekkie is lewendig. Ons het die grondpaaie om die dorp verken - 'n beeldskone, prentjie-mooi wêreld."
"Erg agteruit gegaan vandat ons laas hier was. Duidelik is netheid en aandag aan straatoppervlaktes geen prioriteit vir die munisipaliteit nie. Baie teleurstellend!"
"Die Celtis Restaurant is aan te beveel vir heerlike kos en atmosfeer."
"Lovely town, felt safe, friendly residents, lovely bakery and beautiful beach options."
"Beautiful beach and surrounding areas. Not enough restaurants open in the evening."
"Baie buitelug aktiwiteite soos wandel, stap en 4x4-roetes, perdry en fietsry is ook beskikbaar. Voldoende restaurante en akommodasie is beskikbaar. Hogsback is regtig 'n besoek werd. Pragtig tussen die berge."
"Dit is 'n bekoorlike dorpie met al sy ou geboue, huise en kerke. Ons het dit baie geniet om dit te sien en om te sien dit word opgepas dat dit nog vir jare behoue kan bly."
"Ek was laas in 1974 in Queenstown en soos baie dorpe in SA is dit 'n hartseer saak, maar moenie dat hierdie feit jou verhoed om hier vir 'n wyle oor te bly nie."
"Het Nieu-Bethesda se Uilhuis baie geniet en ook Vallei van Verlatenheid is beeldskoon."
"Na baie, baie jare se oorslaap op pad tussen Johannesburg en Suid-Kaap, bly die Karoo-dorp ons gunsteling. Nogtans nou die dag eers die Vallei van Verlatenheid ontdek. Is daar nog sulke juwele in die omgewing? Dalk beter bemarking benodig?"
"A very well stocked Spar if you need to replenish any goodies for a long trip."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Villa Marche"Very clean city, much better than the filthy East London."
"Naby genoeg aan Port Alfred en Port Elizabeth sodat jy die klein plekkies tussenin rustig kan ontdek."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Oceans End"There are great dog friendly beaches and nature walks to do."
"Nieu-Bethesda is a special one-horse town in the Karoo. If a remote little village is your cup of tea, this one will tickle your fancy."
"Meeste van ons klein dorpies is besig om agteruit te gaan, ook Aberdeen, maar ten spyte daarvan het ons die mense op die dorp vriendelik gevind en die Karoovrede en pragtige sonsondergang was wonderlik."
Gxarha (Morgan's Bay), Eastern Cape
Unit 1 Beach Road"Morganbaai is vir seker ’n diamant van ’n bestemming. Die strande en see is mooi en dan nie eers gepraat van die uitkyk by die natuurreservaat nie. Die mense in Morganbaai is almal so vriendelik en verwelkomend. Fantastiese wegbreek."
"Die dorp het rede hoekom dit al dorp van die jaar genomineer was. In tyd van Covid19 is daar nog steeds baie om te doen en jy voel baie veilig om dit ook te doen."