Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6442 resensies.
Somerset-Oos (KwaNojoli), Oos-Kaap
Bell House Akkommodasie"If you come from a hectic city like Jozi this is the place to be. Peace of mind."
"Baie sentraal tussen Loerie en Patensie, wag in spanning vir Sarah Baartman Remembrace-sentrum om oop te maak."
"Ek was aangenaam verras om te sien hoe Port Alfred as vakansiebestemming ontwikkel het."
"Maclear is die tipiese plattelandse dorp. Moet dus nie verwag dat jy Checkers, Pick en Pay en dergelike winkels daar gaan kry nie. Daar is wel 'n Spar waar jy meeste van jou benodigdhede kan kry. Die Maclear Slaghuis bied uitmuntende vleis en vleisprodukte in dit is aan te beveel."
"Daai dorp wat weggesteek moet bly, want daar is iets besonders aan die plek."
"Peace and tranquility. My 5 year old daughter wants to move to Hogsback permanently."
"Twee Riviere is soos 'n Sleepy Hollow: rustig, pragtige ou klipgeboue, die mense is geweldig vriendelik en verwelkomend. Daar is een versteekte juweel op die dorp, en jammer Ruben, ek weet ek mag julle nie "promote" nie: Die Belfry Restaurant wat nie eintlik oop is vir publiek nie, maar as jy nou per ongeluk daar inval, word jy met ope arms ontvang. Die kos is fantasties, die pryse belaglik laag, die diens die uit die boeke. Oe, en as jy per ongeluk daar inval, vra vir Ruben vir 'n sny van hulle Chocolate Mouse Cake. Nog nooit iets so lekker geëet nie. Ek sal Twee Riviere toe gaan net om by Seunette en Jimmy by Jolly Roger oor te bly en by Die Belfry te gaan eet. Ongelooflik!"
"Klein dorpie. Baie rustig. Bring wat jy nodig het, want daar is nie baie winkels met baie goed nie. Perfek vir 'n wegbreek van alles af. Die strande is ongelooflik."
"Ons het tee en scones geniet by Morgan Bay Hotel. Nahoon strand bly maar net een van die mooiste ooit!"
"Jammer van die stofstrate, maar dit dra seker ook by tot die tipiese Karoo-atmosfeer. Maar weens die Stoep Tasting, was die dorpie baie besig en stowwerig. Ons was vier dae daar, maar ek dink nie buite die feestyd is daar genoeg om mens langer as twee dae besig te hou nie. Die besienswaardighede is egter baie interessant."