Verified Reviews
Eastern Free State Highlands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Free State Highlands
Rated 4.6 out of 5 based on 3491 reviews.
Clarens, Eastern Free State Highlands
Fairview Cottages"Skoon netjiese dorp met vriendelike mense. Lekker gekuier."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Clarens Retreat"Met wonderful, friendly people - will certainly return when the weather is a bit warmer!"
Clarens, Eastern Free State Highlands
Jovali"Clarens is 'n prag dorpie met baie toeriste besienswaardighede. Golden Gate is baie naby en moet nie oorgeslaan word nie. Die majesteuse amfiteater is so 'n uur se ry. Dit is die mooiste gedeelte van die Drakensberge met 'n lekker stap teen die berg op en huisves die 2de hoogste waterval in die wêreld! (Google dit gerus!)"
Clarens, Eastern Free State Highlands
Knock Out View"Die dorpie se ingang, vanaf Betelehem, is asemrowend mooi wat die natuur betref met indrukwekkende berge, 'n dam met ganse en 'n perd, wilgerbome wat jou wil insluk soos jy teen die opdraande uitry."
Clarens, Eastern Free State Highlands
De Lusthof Guest Farm"Clarens is pragtig met iets vir almal. Ons sal Clarens weer besoek."
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
The Farm House @ Mont Plaisir Guest Farm"Ons is baie lief vir Fouriesburg. Dit herinner ons aan die ou dae waar die strate alles nog stofpad was. Ons geniet die mark elke Saterdag of so. As ons kon, sou ons eendag graag 'n klein stukkie grond hier wou besit. "
Clarens, Eastern Free State Highlands
Accommodation @ The Spa"Heeltemal te veel om te sien en te doen vir net 'n naweek so verseker sal ons gou weer 'n draai daar gaan maak. Die mense is vriendelik, atmosfeer fantasties. Think I'm in love with Clarens ;)"
Clarens, Eastern Free State Highlands
V'Kansi Khaya"Dink daaraan om daar te gaan bly met aftreede."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Red Mountain House"Ons besoek Clarens ten minste een keer 'n jaar. Die omgewing is asemrowend mooi."
Clarens, Eastern Free State Highlands
The Clarens Country House"Clarens is 'n wonderlike dorpie met al die kunsgalerye en wonderlike restaurantjies. Die Clarens Brewery is vir seker 'n moet op mens se "Te doen" lysie. Sal vir seker weer teruggaan."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Leliehoek"A really beautiful little town with so much character. Definitely a place to visit."
Clarens, Eastern Free State Highlands
RiverWalk Guest House"Ag ons het baie baie lekker gekuier en Clarens was baie mooi netjies en die winkels se personeel was te alle tye baie vriendelik. Hou so aan Clarens julle sal ons weer sien ."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Vista 70 Clarens"Clarens het soos ons almal weet, 'n bekoring van sy eie. "
Clarens, Eastern Free State Highlands
Knock Out View"Restaurante verskaf heerlike kos, personeel baie vriendelik."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Cottage Pie"Heerlike ondervinding. Eerste keer wat ons in Clarens gebly het. Ek kan net vir ander toeriste die wenk gee - bespreek jou aandete (restaurant) vroegtydig anders gaan jy sonder kos slaap. Ons het nie besef hoe gewild die restaurante is nie en amper nie 'n plek gekry om by te eet Saterdagaand nie. Wonderlike plek om net te ontspan. O ja - jy moet 'n groot sak vol geld he want alles is DUUR in Clarens...but that is part of the fun!"
Clarens, Eastern Free State Highlands
Rooikat Cottage"Interessante plek. Baie om te ervaar in die dorp. "
Clarens, Eastern Free State Highlands
Cottage Pie"Clarens is 'n baie goeie area vir 'n naweek wegbreek. Sal elke jaar daar 'n naweek bespreek en Clarens besoek."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Clarens Retreat"Clarens is die beste plekkie ooit. Ons besoek dit gereeld. En het ook 'n jaar terug daar getrou. Sal altyd en altyd teruggaan."
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
The Farm House @ Mont Plaisir Guest Farm"Ongerep, minder "Hermanus" as bv. Clarens, maar naby alles. Goeie opsie vir diegene wat Lesotho wil besoek, omdat dit so naby is aan die grens en klomp ryery uitskakel, daar is nie groot winkels en apteke nie, so maak maar seker jy het skaars persoonlike items, goeie slaghuis, so kry jou vleis daar."
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
Oranje Guest Farm"Ons verblyf was te kort, het nie die keer Fouriesburg self besoek nie, maar op grond van 'n vorige besoek is dit 'n mooi dorp."