Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 16056 reviews.
Gansbaai, Escape From Cape Town
Whale Sea"Gansbaai is 'n stil dorpie. Ideaal vir rustige gesinne, met al die nodige winkels. Hermanus is om die draai vir die persone wat verlang na 'n mall. Die nadeel is dat Gansbaai nie 'n lekker swemstrand het nie - die tipe wat tieners/jongmense geniet en juis daarom, vermoed ek, was daar min na geen jongmense in Gansbaai nie. Die swempoele is ideaal vir die jonger span. Die dorp is veilig. En dit was heerlik om soveel mense te sien stap en oefen."
Swellendam, Escape From Cape Town
A Riverbed Guesthouse"Historical place with beautiful nature surrounding you. A good holiday destination. "
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Blombosch Game Lodge"My gunstelingvakansieplek naby aan die huis."
Swellendam, Escape From Cape Town
Bergview Guesthouse Swellendam"Wat 'n pragtige dorp! Mooiste berge! Vriendelike en aangename mense! Soveel om te doen! Vir seker 'n plek om langer as net 'n dag te wil wees. Ek kom weer terug. "
Paternoster, Escape From Cape Town
Ahoy Farmhouse 3"Totally exceeded our expectations. Most character filled destination in South Africa, with a Greek Island feel. Great variety of things to see, explore and do. Three days were not long enough. We'll be back soon."
Montagu, Escape From Cape Town
Montagu Country Hotel"Baie lieflike wynplase vanaf MCC- tot gin-tastings. Fietsry-roetes. Bootvaart op die Breede tot 'n trekker-trip of ou Cadillac-toer. So veel te doen sommer of winter tyd met 'n verskeidenheid warmbronne. "
Betty's Bay, Escape From Cape Town
Blueview on Silversand"Heerlike, stil en skoon omgewing. Uitstekende plek vir vakansie. "
Paternoster, Escape From Cape Town
BC Stone Cottage"Mooi skoon strand, lekker winkeltjies en eetplekke."
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Simply Yzer Self-catering Apartments"Ek sal enige tyd weer teruggaan Yzerfontein toe."
Wellington, Escape From Cape Town
Val du Charron Wine & Leisure Estate"Dit was regtig lekker. Dit was warm, maar pragtig en daar is so baie om na te gaan kyk. Fietsry, stap, wynproe. Een van beste plekke in die Kaap."
Paternoster, Escape From Cape Town
Waves"Wees versigtig vir mense wat kreef wil smous. Hou maar waardevolle besittings weg uit die oog. 'Petty crime' is aan die toeneem. Maar Paternoster bly 'n juweel van 'n plek met die mooiste skoon strande."
St Helena Bay, Escape From Cape Town
Shelley Point TF22"St. Helenabaai is 'n weggesteekte juweel. Ons sal enige tyd teruggaan soontoe."
Arniston, Escape From Cape Town
Arniston Cottage"Ongelooflike pragtige natuurskoon. Lekker snorkelareas en veilige, skoon strande. Heerlik indien mooi weer, nie veel in area te doen wanneer koud en reënerig, so sorg dat jul by 'n goeie plek bespreek met mooi uitsig oor see."
Paternoster, Escape From Cape Town
Marlyn and Dolfyn Self-catering"Klein dorpie - great vir 'n wegbreek. 10/10."
Swellendam, Escape From Cape Town
Wildebraam Berry Estate"Dit lyk na 'n oulike dorp met 'n pragtige kerk en aktiwiteite in die omliggende area. Sal beslis weer wil besoek."
Franschhoek, Escape From Cape Town
The Olive and Vine Farm Cottage"Daar is 'n paar Juwele in Franschhoek soos Dieu Donne wynplaas, maar ek sal eerder meer tyd in Stellenbosch of die Paarl spandeer en eerder een dag Franschhoek besoek en slaap."
"Ceres itself is rather quiet and a peaceful getaway from city life. The surrounding landscape and wine farms are beautiful."
St Helena Bay, Escape From Cape Town
Goblin's Creek"Die dorpie is nog relatief stil en veilig, ook binne bereik van baie ander toeristebestemmings."
Witsand, Escape From Cape Town
Magdamol Vakansie Huis"Witsand is a quiet, peaceful, coastal town away from the hustle and bustle, it has a lovely restaurant on the beachfront and they are very reasonable with their prices. The river lagoon area is massive and you can see wind kite surfers enjoying the windy days on the river. The swimming beach is lovely and there were lifeguards on duty during our stay. It is definitely a place to visit!"
St Helena Bay, Escape From Cape Town
27 On Ray"Was aangenaam verras met hoe dit daar lyk. Baie mooi en sal definitief weer besoek."
Heidelberg, Escape From Cape Town
Skeiding Guest Farm"Die omgewing tussen die berge en die see was onbekend aan ons, maar met so 'n heerlike basis kon ons alles "explore". Ons het Bonnievale, Montagu, Barrydale en die Tradouwpas ontdek. Ons het die mooiste land. Ek hoef nooit weer oorsee te gaan om sulke natuurskoon te ervaar nie."
Gansbaai, Escape From Cape Town
SeaKaya"Ook mooi omliggende areas. Sou graag langer wou kuier. Baie geniet."
Paternoster, Escape From Cape Town
Vinkie"Sal nooit weer naby oopmark bly nie, maar Paternoster is heerlike vakansiebestemming."