Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 16534 reviews.
Moorreesburg, Escape From Cape Town
Cottage 1 @ Vleidam Guest Farm"Daar is die pragtige Moorreesburg met alles wat jy nodig het en ook die museum, Koringberg is 'n kort rit van Vleidam en daar is redelik baie staaltjies oor die dorp en ook 'n film gemaak. Dan net die oopte van daardie wêreld en dit is alreeds genoeg vir 'n afgeremde siel."
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Maartblom Gastehuis"Het net die viswinkel gemis. Skoon dorp. Baie lekker rustig."
De Kelders, Escape From Cape Town
Whalescape"'n Mens hoef glad nie verveeld te wees by hierdie bestemming nie. Daar is baie om te doen en te sien in die onmiddellike omgewing."
Langebaan, Escape From Cape Town
4Winde"Rustig maar nie regtig baie om te doen nie. Naweke is bestemmings toe van vroeg af en as jy nie drink nie is daar nie veel aan Langebaan nie. Ek persoonlik sal nie weer daar gaan vakansie hou nie."
Sandbaai , Escape From Cape Town
Bayit Elohim"Inwoners is so vriendelik en die dorpie het so baie om te bied."
Greyton, Escape From Cape Town
Greyton Lodge"As jy natuur en klein dorpies geniet moet jy hier 'n draai maak. Daar is die pragtigste winkels en "Afraid of Mice" my insiens die mooiste op die dorp. Die restaurante bedien die heerlikste kos en daar is iets vir almal. Ry met 'n fiets deur die dorp en geniet tee en koek by die kwekery. Stap in die natuurreservaat. Glo my, 'n naweek is net te min om alles te doen."
Tulbagh, Escape From Cape Town
Fraaigelegen Farm"The things I love restuarant is 'n moet om te gaan eet, baie vriendelike personeel en maak 'n draai in Kerkstraat, baie winkeltjies om in te loer."
Paternoster, Escape From Cape Town
Strandlopertjie"Mooi area en skoon net jammer dat mense iets elke 5 tree iets aan jou probeer verkoop, kan irriterend raak."
Swellendam, Escape From Cape Town
Arumvale Country Retreat"Wanneer daar onweer is, is daar niks om te doen nie. "
Witsand, Escape From Cape Town
Beachcomber Holiday Apartments"Dit is pragtige rustige see dorpie en mens kan lekker uitrus daar."
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Marthinusrust Kliprant Kamp"Dit is 'n regte plaasdorpie. Dit het iets van alles en die mense is baie vriendelik en hulpvaardig!"
Kleinbaai, Escape From Cape Town
Great White Accommodation"Kleinbaai is pragtige plek, die naby geleë restaurant (The Great White House) is 'n moet (probeer die Perlemoen!). Behalwe vir die haai- en walvisbootreise is daar nie veel om te doen in Kleinbaai self nie, maar as jy bereid is om te reis is die omliggende omgewing baie mooi."
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Hangnes @ Boskloof Swemgat"Clanwilliam is baie sentraal geleë wanneer die doel van jou vakansie blomme-kyk of Cederberge of Muisbosskerm of Weskus is. Dis 'n bedrywige dorp met alles wat jy nodig mag kry. Net-Marie se Rooiboshuis is 'n definitiewe besoek werd asook die Floris Restaurant waar ons lekker geëet het. Clanwilliam het ook een van die mooiste Sparwinkels waarin ons al was. "
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Clanwilliam Hills Dam House and Flat"Hou van die rustige dorp-atmosfeer. Goeie basis om ander dorpe en plekke van belang in omgewing te besoek."
Swellendam, Escape From Cape Town
Aviento Guesthouse"Pragtige vriendelike plek. Alle inwoners waarmee ons kontak gehad het was baie vriendelik en baie netjiese skoon dorp."
Greyton, Escape From Cape Town
Via's B&B"Oulike dorp, baie om te sien, en ons sal terugkom vir die Art Walk."
Robertson, Escape From Cape Town
De Hoop Cottages"Dit was so lekker op die plaas by the Cottages ons het op die ou end min ander besienswaardighede besoek."
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Hangnes @ Boskloof Swemgat"Clanwilliam het ons harte gesteel. Dis 'n baie spesiale dorpie met wonderlike mense. Bid julle kry gou reën."
Citrusdal, Escape From Cape Town
Aan d' Oewer Bed & Breakfast"Pragtige omgewing, naby die Cederberge wildernis gebied."