Verified Reviews
Escarpment
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escarpment
Rated 4.4 out of 5 based on 1016 reviews.
"Net Lydenburg omgewing tot Belfast is pad baie baie sleg met vol gate. Dit kan enige mense se karre skade aandoen en dit is so duur om reg te maak. Hoop die vol gate pad word binnekort regmaak. "
"Baie van die restaurante het vroeg toegemaak op oukersaand, dit sou lekker gewees het as daar meer plekke was wat langer oop gebly het om dalk 'n drankie te kon geniet. "
"Die dorp het nou minder interessante aktiwiteite en winkels as toe on laas daar was, maar die kort afstand van Pretoria maak dit steeds aantreklik vir 'n naweek wegbreek. "
"Interessante dorpie met baie lekker eet- en drinkplekke. Die restaurant, Mrs Simpson's, was die hoogtepunt van ons besoek aan die dorpie."
"Lekker wegbreek van die stad se gejaag, almal vriendelik, lekker winkeltjies en baie rustig!"
"Vanuit Lydenburg is het redelijk eenvoudig om alle hoogtepunten te bereiken, zoals de drie rondavels en diverse watervallen."
"Valley of the rainbow is eintlik nie naby Dullstroom nie en gaste moet dalk daarop gewys word."
"Dullstroom is 'n perfekte naweek weg en waarde vir geld met baie om te doen vir oud en jonk. Kosse te kies en te keur en puik gehalte."
"Die dorp se paaie is in baie slegte toestand. Ons hou van die winkels en het heerlik by Ocean Basket geëet. "
"Love the town and what's on offer, but the car guards really drives one crazy when you try to park in peace."
"Behalwe vir die staking wat die hele dorp omver gegooi het, was dit nogal 'n uitdaging om kos te kry. Dink dalk in die toekoms na alternatiewe maatreëls in plek te stel indien so iets weer gebeur."
"Rustige kleindorpie, groot toeriste deurloop oor naweeke wat dit moeite werd maak om 'n draai te maak in die geskiedkundige dorpie."