Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Die kliëntediens is baie swak in Clarens en geen eetplekke is na 7 in die aande oop nie. Die natuur is pragtig."
"Hier kan jy regtig wegkom van alles en in die natuur ontspan en rus."
"Clarens is great - they should stop the modernization and keep the town's caracter as it is - we have noticed a few modern buildings and changes which is disappointing."
"Ek hoop hulle wen dorp van die jaar met al hulle oulike kreatiewe plekkies en gasvrye mense."
"Dit is 'n klein dorpie, maar met baie oulike winkeltjies. Daar is nie veel om te doen as jy nie drink- en kuiertipe mense is."
"Clarens is pragtig soos altyd en bied soveel meer om te doen as om net deur die dorpie self te stap. Doen by toerisme inligting aan en doen jouself 'n guns om 'n bestekopname te maak van al die ander aktiwiteite wat die streek bied."
"No tourist attractions besides Clarens and Basotho Cultural village, which are a bit far."
"Die dorp is skoon, sonder papiere en vullis. Die dwarspaaie is nog grondpaaie en kan geskraap word. Opsies vir aandete is beperk, want die meeste eetplekke maak vroeg toe of bedien nie aandete nie."
"Sondae-aande is dit ' n verlate donker dorp met slegs die Spur wat oop is. Na 9 in die aand is alles toe in die week. Parys se strate is vol slaggate. Nogtans 'n oulike dorp vir vinnige wegbreek met baie snuffelwinkeltjies."
"Almal moet minstens een keer Clarens beleef."
"Die Coffee Talks Cafe in Rayton is 'n weggesteekte juweel en het ons 3 heuglike ure daar deurgebring. Behalwe die goeie kos, koffie en atmosfeer, was dit 'n onvergeetlike geestelike ervaring. Beslis my eerste besoekpunt wanneer ek weer Bloemfontein besoek. Behoort heelwat meer bemark te word. Dis iets heeltemal anders as jou gewone koffiewinkel en moet beleef word."
"Go, you will not regret it. You might even come back having bought a plot of land!"
"This is one of those little unknown gems of the Free State. Good base for exploring Clarens, the Malutis and Lesotho."
"Bloemfontein se strate het aandag nodig. Ons gaan al vir jare Bloemfontein toe en kan sien hoe die dorp agteruit gaan. Lang gras op die sypaadjies, swartsakke word nie verwyder nie, slaggate. "
"Goeie naweek-wegbreek. Die winkels is net baie duur. Sommige restaurante kan nie die hoeveelheid gaste hanteer nie, maar ons kan Peckled Pig en Plum Coffee Shop aanbeveel."
"Would be a good idea if the diners were open a bit later on Sundays. Especially for tourists who are hungry after a long trip."
"Spandeer die dag in Parys en ontdek allerhande interessante stalletjies, winkels en restaurant, die ideale wegbreek vir die wat wil wegkom uit die groot stad."