Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Die infrastruktuur rondom die plein kort bietjie opknapping (paaie), maar anders as dit nie veel anders nie. Dis 'n geskiedkundige dorpie. Die staproetes by CVC is ook baie goed onderhou en natuurskoon daar is 10/10. Clarens is nie net oor eetplekke, kunsplekke en geskenk winkeltjies nie."
"Dorp se paaie is effe gagga, maar verder is dit omliggend baie mooi en ons het heerlik 30ste verjaarsdag gehou by die golfclub."
"Clarens is 'n unieke dorp met baie interessante winkels en lekker kuierplekke. Ideaal vir 'n wegbreek van die besige stadslewe."
"Pragtige dorp met vriendelike mense. Onthou net altyd 'n warm baadjie - die Oos-Vrystaat kan maklik koud word!"
"Die paaie soontoe is ongelukkig meestal in baie swak toestand wat daartoe kan lei dat mense nie daarheen sal reis."
"Soos met meeste ander kleiner dorpe in die land, laat die munisipaliteit sy inwoners lelik in die steek!"
"Portion of the town that we passed through has decayed considerably."
"Sal graag die militêre installasies weer wil besoek, ná 40 jaar gelede se diensplig."
"Indien jy van 'n stiller toeriste bestemming hou, besoek Clarens in die middel van die week. Daar is steeds genoeg eetplekke oop om elke ete by 'n ander een te geniet."
"Vir kunsmense, natuurmense, koffiemense en vele ander, is dié skat van 'n dorpie een van die lekkerste plekkies om by uit te kom."