Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 7107 resensies.
. - 4th January 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Absoluut idillies.
. - 4th January 2018
staying in Ladybrand, Vrystaat
Paaie in die dorp is in 'n skrikwekkende slegte toestand!
. - 4th January 2018
staying in Parys, Vrystaat
It's such a peaceful place and the site seing is beautiful.
. - 3rd January 2018
staying in Universitas, Vrystaat
Rustige omgewing.
. - 3rd January 2018
staying in Westdene, Vrystaat
Gerieflik, sentraal geleë.
. - 3rd January 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens bly 'n gunsteling!
. - 3rd January 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Egte toeristebestemming. Ons het baie ge"shop" en lekker "craft beer" gedrink.
. - 3rd January 2018
staying in Vrystaat
Ek hou van die Vrystaat. Suid-Afrika se weer is net onvoorspelbaar en dit het ons onkant gevang.
. - 3rd January 2018
staying in Parys, Vrystaat
Lots to do.
. - 3rd January 2018
staying in Dan Pienaar, Vrystaat
The location is very quite and safe.
. - 3rd January 2018
staying in Ladybrand, Vrystaat
Ladybrand is 'n klein dorpie, wat al die winkels en banke het, wat 'n mens benodig. Toeriste kan gerus 'n draai maak in Ladybrand. Dit is 20 km van Lesotho se grens af.
. - 3rd January 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Ons lief Clarens. Die winkels kan dalk bietjie later oopbly!
. - 3rd January 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Well worth the drive from Joburg. And the visit to Golden Gate National Park.
. - 2nd January 2018
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Altyd 'n plek waar mens weer wil kuier.
. - 2nd January 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is a hidden gem, an ideal spot for a weekend away or a stop-over when touring the beautiful inland.
. - 2nd January 2018
staying in Trompsburg, Vrystaat
As julle meer mense wil lok sit 'n Geocache of twee op in die dorp by van die geskiedkundige besienswaardighede.
. - 2nd January 2018
staying in Trompsburg, Vrystaat
Mooi klein dorpie vir een nag se rus.
. - 2nd January 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is meer vir volwassenes as vir kinders. Tieners sal nie te lank kan bly nie want daar is nie veel vir hulle nie. Die plek is uitstekend om die stad se vinnige lewe terug te los en te ontspan. Baie oulike winkels en geen horlosie is benodig nie.
. - 2nd January 2018
staying in Philippolis, Vrystaat
Pragtige Vrystaatse dorpie, met mooi geboue en vriendelike atmosfeer. Ten spite van die feit dat ons 18:00 eers gearriveer het, kon ons nog kies tussen 3 eetplekke vir aandete, en het selfs nog die unieke antieke en kunswinkel in die Hoofstraat besoek. Die landelikheid, mooi ou huisies en groot dorpserwe dra by tot 'n unieke ervaring. Ek ken die Vrystaatse platteland goed, en die besoek aan Philippolis het my met nostalgie vervul, en was definitief die moeite werd.
. - 2nd January 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n wonderlike plek met interessante winkels.
. - 2nd January 2018
staying in Vrystaat
Ons het voorwaar die mooiste land, waarvan Vrystaat voorloop, wel gedaan.
. - 1st January 2018
staying in Kiepersol, Vrystaat
Baie tevrede met die diens wat ons ontvang het.
. - 1st January 2018
staying in Parys, Vrystaat
Baie baie mooi dorpie. Besig, maar ook tog rustig.
. - 1st January 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Baie mooi omgewing.
. - 1st January 2018
staying in Vrystaat
Die Vrystaat is 'n plek met 'n verrassing en baie vriendelikheid en gasvryheid.
. - 31st December 2017
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Dit is 'n goeie area om tuis te gaan.
. - 31st December 2017
staying in Universitas, Vrystaat
Met die Vroue-monument, met baie on te sien, net om die draai 'n goeie uitstappie vir besigtiging en tydverwyl.
. - 31st December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Mooi dorpie wat beslis die moeite werd is om te besoek. Restaurante is goed.
. - 31st December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Heerlike staproetes, lekker eetplekke.
. - 31st December 2017
staying in Deneysville, Vrystaat
Baie vriendelik en gasvry.
. - 31st December 2017
staying in Trompsburg, Vrystaat
Baie stil, ek't my bergfiets buite gelos en nie een oomblik gevoel dat die sekuriteit beproef sou word nie.
. - 31st December 2017
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Great stop over to garden route.
. - 31st December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Beslis 'n' juweel So baie om te sien! Die Puma vulstasie se supermark is onsedelik duur en baie vuil.
. - 30th December 2017
staying in Sasolburg, Vrystaat
It has a lot of river spots, so you will definitely not go wrong visiting there.
. - 30th December 2017
staying in Dan Pienaar, Vrystaat
Sentraal, veilig en naby die N1.
. - 30th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n fantastiese vakansiebestemming. Dit bied 'n wye verskeidenheid van eetplekke, galerye en aktiwiteite. Dit bly hoog op ons lys van bestemmings.
. - 30th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Die dorp is besig om in 'n monster te ontaard. Die omliggende omgewing is asemrowend mooi. Maar die ou familie gesindheid van die dorp en dorpenaars is amper heeltemal weg. Mense in die dorp sien jou net as 'n lopende beursie. En die diens by al die restaurante was uiters swak. Ek wil nie 45min wag vir 'n burger en skyfies nie, en dan nog 45min vir 'n rekening, en dan is daar net vier ander tafels in die restaurant. Meeste van die winkels verkoop net goedkoop kaggelkakkies wat mens in die stad ook kan kry, selfs die kunswerke is ook maar algemeen en beskikbaar in meeste gallerye. Kon nie iets uniek of besonders kry wat die naam Clarens op het nie. Die straatverkoper was die enigste een wat 'n gekerfde klip het wat besonders is. As ek dit vergelyk met ons ervaring van die dorp tien jaar gelede, was dit maar soos om in Hartenbos te wees op 'n Desember vakansie. Vol, onnodig en duur vir niks.
. - 30th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige omgewing met sy eie, unieke natuurskoon.
. - 30th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Dis 'n pragtige omgewing! Daar is nie regtig iets te doen in Fouriesburg en Ficksburg nie. So 3 of 4 dae is genoeg!
. - 30th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Dorp en winkels is baie duur, maar natuur is beeldskoon.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]