Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Wonderlike diens by die Windmill Pub en Grill gekry na ’n dag se voetslaan van 14 km. Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam."
"Dis een van die mooiste dorpies in ons land, met die mooiste omgewing rondom Clarens om te verken. Ek het my verkyk na die rotsformasies soos ons gery het na van die ander dorpe. Asemrowend."
"Dis jammer dat die dorp so vergaan het. Mens kan sien dit was eens op 'n tyd 'n spogdorp, maar onder huidige bestuur het hy tot niet gegaan. Paaie vol slaggate, geen straatligte, stopborde afgesteel ens."
"Pragtige, interessante dorpie met lekker buitelugaktiwiteite en geskiedenis van die impak van 'n meteoriet."
"Senekal ontvang gaste vriendelik. Ek het ongelukkig net ’n nag daar oorgebly en kan nie oor sy besienswaardighede kommentaar lewer nie, maar die omgewing is pragtig."
"Een van ons gunsteling plekke om te gaan kuier. Baie om te doen - lekker winkels, restaurante, drinkplekke, stap roetes, ens."
"Clarens is still special. As frequent visitors, now much more commercialised than the Clarens we first knew, but with a pleasing variety of restaurant options. Friends previously resident have semigrated to Montagui. Petty crime/vehicle theft is becoming an issue. Too many car guards/washers hanging around the Square for their own good or visitors peace of mind."
"Net baie hobbels, en maak seker jou foon is gecharge om jou pad te vind, anders kan mens lekker verdwaal hehe."
"Lovely town to visit with many little shops to visit with interesting knickknacks to look at and purchase. There is a wide variety of restaurants to cater for all taste. The Jacket Shop is definitely worth a visit or two. The walks there are really beautiful, well marked and well maintained. Thank you to everyone who made our visit such a relaxing time."
"Baie klein en stil dorpie met 'n interessante geskiedenis, maar dit kort bietjie aandag."
"'n Fantastierse plek met genoeg afleiding/vermaak/opsies vir 'n gesin met klein kinders, 'n familie met oupa's en ouma's, avonturiers wat wil bergklim, bergfiets ry of net lekker in die natuur of deur die pragtige dorpie wil wandel, verliefdes wat stil plekkies wil besoek; of selfs enkellopendes wat kan wegraak in die winkeltjies, kunsgalerye en heerlike koffie drink en eetplekke. Natuurlik ook vir die jongklomp wat wil kuier, drink en ontspan!"
"Clarens is 'n lekker toeristeplek en daar is vir almal van klein tot groot iets te doen."
"A great getaway, very disappointed with no market in the centre square but understand due to Covid. Food in every restaurant was absolutely delish. Clementines was a winner. I felt that the products that we could buy 2 years ago is no longer sold. Very clean little town."
"The people of Rosendal are trying hard to make there town work and the need our support. Lovely little country town."
"Die agteruitgang van strate/teerpaaie en algehele netheid en instandhouding van die dorp is sigbaar soos met baie van ons klein dorpies, dit is hartseer om te sien."