Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7951 resensies.
"Was lekker om in pik donker in stof strate te stap sonder om 'n oomblik onveilig te voel. Pragtige natuurskoon en goeie restaurant opsies."
"Mid-week is a great visit, but do know that most places close on a Monday post the weekend."
"Ek persoonlik verkies om deur die kleiner dorpies te ry as die hoofweg. Daar is wel ’n motormuseum om te gaan besoek."
"Oranjeville is klein, maar daar is niks fout nie, want die doel was nie om die dorp te beken nie, so dit maak nie vir ons saak nie, ons het lekker by die Vette Vis gekuier en gebly."
"Wonderlike diens by die Windmill Pub en Grill gekry na ’n dag se voetslaan van 14 km. Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam."
"Dis een van die mooiste dorpies in ons land, met die mooiste omgewing rondom Clarens om te verken. Ek het my verkyk na die rotsformasies soos ons gery het na van die ander dorpe. Asemrowend."
"Oranjeville, is 'n klein dorpie, maar daar is baie om te doen vir 'n naweek. Die paaie rondom Oranjeville is nie 100%."
"Dis jammer dat die dorp so vergaan het. Mens kan sien dit was eens op 'n tyd 'n spogdorp, maar onder huidige bestuur het hy tot niet gegaan. Paaie vol slaggate, geen straatligte, stopborde afgesteel ens."
"Pragtige, interessante dorpie met lekker buitelugaktiwiteite en geskiedenis van die impak van 'n meteoriet."
"Senekal ontvang gaste vriendelik. Ek het ongelukkig net ’n nag daar oorgebly en kan nie oor sy besienswaardighede kommentaar lewer nie, maar die omgewing is pragtig."
"Een van ons gunsteling plekke om te gaan kuier. Baie om te doen - lekker winkels, restaurante, drinkplekke, stap roetes, ens."
"Clarens is still special. As frequent visitors, now much more commercialised than the Clarens we first knew, but with a pleasing variety of restaurant options. Friends previously resident have semigrated to Montagui. Petty crime/vehicle theft is becoming an issue. Too many car guards/washers hanging around the Square for their own good or visitors peace of mind."
"Net baie hobbels, en maak seker jou foon is gecharge om jou pad te vind, anders kan mens lekker verdwaal hehe."
"Lovely town to visit with many little shops to visit with interesting knickknacks to look at and purchase. There is a wide variety of restaurants to cater for all taste. The Jacket Shop is definitely worth a visit or two. The walks there are really beautiful, well marked and well maintained. Thank you to everyone who made our visit such a relaxing time."
"Baie klein en stil dorpie met 'n interessante geskiedenis, maar dit kort bietjie aandag."