Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7979 reviews.
"Almal moet minstens een keer Clarens beleef."
"Die Coffee Talks Cafe in Rayton is 'n weggesteekte juweel en het ons 3 heuglike ure daar deurgebring. Behalwe die goeie kos, koffie en atmosfeer, was dit 'n onvergeetlike geestelike ervaring. Beslis my eerste besoekpunt wanneer ek weer Bloemfontein besoek. Behoort heelwat meer bemark te word. Dis iets heeltemal anders as jou gewone koffiewinkel en moet beleef word."
"Go, you will not regret it. You might even come back having bought a plot of land!"
"This is one of those little unknown gems of the Free State. Good base for exploring Clarens, the Malutis and Lesotho."
"Bloemfontein se strate het aandag nodig. Ons gaan al vir jare Bloemfontein toe en kan sien hoe die dorp agteruit gaan. Lang gras op die sypaadjies, swartsakke word nie verwyder nie, slaggate. "
"Goeie naweek-wegbreek. Die winkels is net baie duur. Sommige restaurante kan nie die hoeveelheid gaste hanteer nie, maar ons kan Peckled Pig en Plum Coffee Shop aanbeveel."
"Would be a good idea if the diners were open a bit later on Sundays. Especially for tourists who are hungry after a long trip."
"Spandeer die dag in Parys en ontdek allerhande interessante stalletjies, winkels en restaurant, die ideale wegbreek vir die wat wil wegkom uit die groot stad."
"Die infrastruktuur rondom die plein kort bietjie opknapping (paaie), maar anders as dit nie veel anders nie. Dis 'n geskiedkundige dorpie. Die staproetes by CVC is ook baie goed onderhou en natuurskoon daar is 10/10. Clarens is nie net oor eetplekke, kunsplekke en geskenk winkeltjies nie."
"Dorp se paaie is effe gagga, maar verder is dit omliggend baie mooi en ons het heerlik 30ste verjaarsdag gehou by die golfclub."
"Clarens is 'n unieke dorp met baie interessante winkels en lekker kuierplekke. Ideaal vir 'n wegbreek van die besige stadslewe."
"Pragtige dorp met vriendelike mense. Onthou net altyd 'n warm baadjie - die Oos-Vrystaat kan maklik koud word!"
"Die paaie soontoe is ongelukkig meestal in baie swak toestand wat daartoe kan lei dat mense nie daarheen sal reis."
"Soos met meeste ander kleiner dorpe in die land, laat die munisipaliteit sy inwoners lelik in die steek!"