Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7904 reviews.
"The internet gives the town a wonderful arty vibe but it's actually a bit of a disappointment though."
"Vir enigiemand wat naby die universiteit moet wees, is hierdie die plek."
"Die omgewing is pragtig en kan gerus as oorslaapbestemming gebruik word. Die dorp is maar effens."
"Winburg word miskien soms misgekyk vir verblyf, maar was ons aangenaam verras. Veral met die vriendelike personeel en verblyf wat aan ons voorsien is by Boschrand Lodge."
"Rustige en skoon plattelandse dorp waar ons baie veilig gevoel het. 'n Lekker tuisnywerheid. Maaltye kan bestel word wat vir jou tuis afgelewer word. 'n Hele paar besienswaardighede om te besoek bv. Sir Lourens van der Post-gedenktuin, die pragtige histories kerkgebou, die ou tronk ens. Bestee minstens 'n dag daar."
"Het nooit geweet daar is sulke mooi plekkies in die Vrystaat nie. Ek is mal daaroor!"
"Besoek die langste brug in SA, Kampkerhof. Oor die algemeen 'n baie rustige en stil dorpie."
"Het net een supermark en hy is buitensporig duur. Clarens is pragtig en sal weer teruggaan om te kuier."
"Dit is 'n interessante ou dorpie om vinnig te verken. Daar lê baie geskiedenis opgesluit oor die konsentrasiekampe, ens. Die Hennie Steyn-brug is baie indrukwekkend."
"The town need to invest in a water/entertainment park, where tourists can spend their summer days there. "
"Vriendelike petroljoggies. Sien nie enige toeriste-aantreklikhede in die dorp nie. "
"Was uiters verras met hierdie pragtige klein dorpie en al sy winkels en dinge om te doen."
"Daar is soveel om te doen en te besoek. Ons gaan definitief weer Parys besoek."
"Clarens is so rustig en daar is so baie om te sien. Ons was verlede jaar drie keer daar en beplan om weer te gaan."
"Baie goed. Meer aandag aan rolstoelvriendelike sypaadjies en ingange na winkels is beslis nodig."
"'n Besoek aan die Hennie Steyn-brug om die sonsondergang te beleef is 'n moet. 'n Besoek aan die konsentrasiekamp begraafplaas is baie hartseer. Die Ou Kar restaurant met sy smaaklike etes, billike pryse en lekker mense is 'n absolute positief."
"Pragtige natuurskoon omring die dorpie. Clarens se dorpsgebied was netjies en skoon. Munisipale instandhouding was sigbaar, dankie daarvoor. Interessante winkeltjies wat beslis nie die gewone tipe curios te koop aanbied nie."
"Die dorpie is die perfekte naweek bestemming. Net genoeg om in 'n naweek by alles uit te kom en te voel jy het alles gesien!"
"Stoepsit Restaurant is 'n moet as jy in Philippolis kuier. Heerlike kos, uitstekende en vriendelike diens en baie billike pryse."
"Clarens is besonders, natuurskoon ongelooflik mooi. Kort of lang besoeke is altyd iets om te onthou."