Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7972 reviews.
"The time was too short to see as much we know there is to see, but it's a delightful and interesting place to visit. As with all municipal towns, in the back streets there are a lot of cleaning up, but the main road is neat and attractive to visitors. What a variety of shops and places to eat!"
"Wat 'n netjiese dorpie. Dit was opvallend dat almal se grasperke so pragtig gesny was, en die tuine oor die algemeen goed versorg. Ons het bietjie rondgery en was verbaas oor hoe groot dit eintlik is, en die besondere mooi huise in veral die nuwe gedeelte. Het verskriklik lekker kon eet in die restaurante, en almal was vriendelik en hulpvaardig. Was baie bly om die kennisgewingbord raak te lees op die pad vanaf Bethlehem - dat ons welkom is om Afrikaans te praat in Clarens!"
"Asemrowend mooi natuur, stil en rustig, lekker kos en vriendelike mense. Altyd 'n wenner om 'n lekker rustige breek by te neem."
"Die dorp self is pragtig met die breë strate en ou huise. Dis net jammer die paaie is nie baie goed in stand gehou nie en 'n mens moet maar versigtig ry tussendeur die slaggate. Afgesien daarvan is Bethulie 'n pragtige dorp met vriendelike mense en pragtige natuurskoon. "
"'n Rustige area tot en met Woensdae. Oor naweke is dit baie besig, maar steeds aangenaam vir vermaak en kuier."
"Pragtige, skoon en netjiese dorpie met ongelooflike restaurante en die uitsig is "to die for"."
"Die geraas vanuit die township in die aand maak inbreuk op die rustigheid van die pragtige dorp."
"Ek dink beslis dat iets gedoen kan word om daardie omgewing te ontwikkel of te bevorder. Lieflike mense en wêreld."
"Lekker by die dam en twee goeie eetplekke. Tans is daar baie slaggate in die dorp."
"Gaan oor sy geskiedenis, en reisigers moet bereid wees om so 25 km se afdraai te maak. Absoluut die moeite werd."