Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7972 reviews.
"Ek dink dit is meer die tipe dorp waar mense oorslaap as vakansie hou, alhoewel mens maklik vir 'n dag of twee by Mountainview kan oorbly. Die dorp is baie klein en bied nie veel nie, maar is op 'n ongelooflike mooi roete langs die Drakensberge geleë en jy kan vandaar klomp plekke in die omgewing besoek."
"Daar is 'n mooi tweedehandse winkel in die omgewing met baie goeie items teen 'n baie goeie prys. Goeie eetplek sowat 15 kilo's weg. Buiten dit sou ek nie sê dis nie 'n toeristebestemming nie. Eerder net 'n goeie rustige area om 'n ruskansie te neem op die lang pad vanaf Kaapstad."
"Alles was puik. Aanwysings hoe om daar te kom, ontvangs, oornag geriewe, heerlike ontbyt. Rustig na die hele dag op 'n besige roete van die Kaap af. Sal dit graag aanbeveel. "
"Baie klein rustige dorpie, kan die nodige aankoop sonder om ver te ry. Vriendelike mense!!"
"Dis baie mooi, maar 'n vervelig plekkie as jy deur al die restaurante en winkeltjies is. Maar dis 'n wonderlike wegbreek vir 2-3 dae. Die mense is gasvry en vriendelik en die restaurante heerlik en billik."
"As jy wil sien hoe 'n Vrystaat dorpie ongelukkig tot niet gaan, besoek gerus, dit is baie hartseer en daar is mooi ou huise in die bo- en onder-dorp dorp. Dit is definitief nie almal se smaak nie, maar jy kan dit darem op jou kerfstok sit as 'n plek waar jy was. Die Vrystaat is mooi!"
"Lieflike dorpie, baie geskiedenis en vriendelike mense. Voel baie veilig en tuis daar!"
"Ryk geskiedenis. Sal volgende keer meer tyd daar spandeer."
"Die dorp bied nie veel nie, maar dit is sentraal geleë om ander besienswaardighede te besoek."
"Ladybrand is 'n klein dorpie, wat al die winkels en banke het, wat 'n mens benodig. Toeriste kan gerus 'n draai maak in Ladybrand. Dit is 20 km van Lesotho se grens af."