Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7951 reviews.
"Parys is goed geleë en daar is baie sienswaardighede ... alles is om jou en jy het nie nodig om ure te ry om daar uit te kom nie. Ek dink net dat die boeregemeenskap 'n bietjie meer by die ekonomiese welstand van die dorpie betrek moet word soos bv. by boeremarkte. "
"Daar is 'n paar dinge om te doen rondom Ladybrand. Die dorp se systrate is ongelukkig vol slaggate."
"Ons is van die Oosrand en ek was bietjie geskok toe ek besef dat al die winkels, selfs in die mall teen 5 uur op 'n Saterdagmiddag toegemaak het. Kon nie eers 'n restaurant kry om by te eet nie. "
"Baie bly om te sien dat van die strate darem nou reg gemaak word! "
"Dit is 'n stil en rustige voorstad met ruim strate en die straatname is goed aangedui."
"Het in Dan Pienaar grootgeword en is al 30 jaar in Pretoria. Nog net so aangenaam."
"Die paaie is baie sleg, maar 'n heerlike rustige plek waar 'n mens lekker in die straat kan loop waar al die antieke winkels is. Ons het dit baie geniet. baie dankie."
"Dit sou wonderlik gewees het om voor die tyd meer te geweet het van Bethulie se besieningswaardighede sodat ons tyd kon inruim om bietjie langer oor te bly en nog meer te kon sien. Aan die anderkant miskien kan ons nou 'n tweede keer daar 'n draai gaan maak. "
"A friendly cosy little town, with lots of ease and tough outdoor activities. A good choice of restaurants and many interesting shops and art galleries. "
"Dit was vir ons baie aangenaam, maar die pryse van veral die antieke winkels was vir ons skokkend hoog. Jammer ook dat omtrent al die winkels om 4 nm toemaak en eers 9 uur in die oggende eers oopmaak. Ons het laat daar aangekom en moes vroeg die volgende oggend weer ry. Ons sou graag nog 'n paar winkels wou besoek maar kon nie tot 9 uur wag nie."
"Wonderlike restaurante, klein winkeltjies en kunsgalerye, asook mooi staproetes wat 'n bietjie beter geadverteer kan word."
"Kroonstad was eens op 'n tyd 'n wonderlike dorp, maar is ongelukkig nou 'n rommelhoop."
"Die paaie in Harrismith is baie sleg met verskeie slaggate wat vir 'n reisiger groot ongerief en skade kan berokken indien jy 'n band sou verloor."
"Trudie van die museum was baie behulpsaam met inligting oor die area en die konsentrasiekampe, asook die monumente in die area. Sal graag langer tyd in die area wil bly. Dis ryk aan Afrikaner-geskiedenis. "
"Dit is n pragtige en rustige dorp met voldoende aktiwiteite. Selfs vir die jonger geslag, wat ons aan enigiemand kan aanbeveel."
"Sal graag langer in Zastron wil bly sodat ek die groot rotsformasies kan verken wat oor Zastron uitkyk."
"Clarens is 'n rustige dorpie met pragtige berge reg rondom. Winkels en eetplekke maak baie vroeg toe. Daar is baie aktiwiteite in die omgewing om aan deel te neem."
"Nie 'n kunskenner nie en daarom was 4 dae genoeg om alles te ervaar. Die berge is 'n belewenis! "