Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7951 reviews.
"Clarens is 'n charismatiese dorpie wat vakansieaktiwiteiete bied vir elke denkbare voorkeur."
"Harrismith has all the necessary requirements including a new hospital. It's a nice little town except for the ongoing road repairs."
"Clarens is 'n ideale bestemming met baie om te doen - van die vele winkeltjies en restaurante om die plein en staproetes tot die aksiebelaaide aktiwiteite soos "white water rafting", visvang en bergfietsry. Dis die perfekte keuse vir 'n eerste oorslaapplek vir jou toer na die Drakensberg of Lesotho."
"Die restaurante maak te vroeg toe in die aande. Definitief die plek om te wees as jy net wil rus in die natuur."
"Clarens is pragtig en rustig. Daar is lekker eetplekkies en oulike winkeltjies. Golden Gate is om die draai vir 'n pragtige Sondagmiddag-rit."
"Ek het in Harrismith gewerk vanaf 2005 tot 2007 en ken dus die omgewing. Dit bied heelwat, maar die dorp is baie verwaarloos."
"Ek moet erken dit is die eerste keer wat ons in die Vrystaat vakansie hou, maar dit lyk vir my dit is 'n ideale provinsie met baie vriendelike mense."
"'n Pragtige dorpie en 'n plekkie wat 'n mens verseker moet besoek voor jy Kaap toe gaan. Maak ten minste een keer 'n draai en besoek die dorpie in die daglig om al die mooi raak te sien. Die pad soontoe lyk ook nie te sleg nie."
"Bietjie emosioneel vir my - ek is daar gebore in 1947 en het die dorp verlaat in 1954. Eish!"
"Fouriesburg is verskriklik mooi. Die slaghuis het die lekkerste biltong gehad. Die mense is vriendelik en almal is net rustig. "
"Baie winkeltjies en restaurante. Die Portugeuse restaurant se personeel was onvriendelik. Die ander restaurant maak of vroeg toe, of is baie besig, of jy wag vir 'n tafel en as jy een kry, wag jy vir diens en kos. Ons kon rustig deur die sakekern stap in 'n kort tydjie en al die winkels was stapafstand. Die Saterdag was daar ook vele stalletjies op die plein. Dit was duidelik wie was die besoekers/toeriste (stil en rustig), en van die mense van die dorp/omgewing. Die mense van die dorp/omgewing is die wat met klipharde musiek en oop vensters die rustige atmosfeer versteur. "